eindes
– soos branders afbreek op sand uitspoel in wit skuim so breek lewe ook stelselmatig af en slegs wit kruise bly staan van elke mens se bestaan – soos diere kom en vergaan so verskyn gedagtes, ideologieë in die mens se tydelike bestaan wat soms op die kruin kraai meer dikwels in die as lê […]
Olga in die Appelkoosboord – ‘n Kersverhaal 640 woorde
Olga is al weer amper laat vir die kerkraadsvergadering. Dit is werklik ongemaklik om nog hierdie tyd van die jaar vergaderings te hê. Dis só ’n gejaag en almal wil graag die jaar afsluit en regmaak vir die Kersseisoen wat voorlê. Sy verwag juis ’n hele huis vol gaste. Sy voel om dit te noem […]
Narsistiese doodsangel Silwer
my siel bloedspoor onder jou snydende tong woorde kerf diep spore laat rou wonde wat sweer en etterdrup onder ‘n volmaakte vel niemand sien dit raak nie my trane is ‘n droë rivierloop – sonder koers – woordlawa vloei uit my mond vuurletters gespoeg op wit papier in die rooi hel daarvan skreeu ek stom […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 4
Hoofstuk 4 – Wêreld Sonder Geheue Zuluika gaan deur die ure van die lang vlug met verligting, elke uur is ʼn uur verder weg van die verlede, en nader aan die moontlikheid om weer nuut te begin. Sy lees nie, sy kyk nie televisie nie, haar gedagtes loop lang paaie, seer paaie, maar ook vreugdevolle […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 3
Hoofstuk 3 – Hoe Vryheid Voel Die weersien, die vashou, die trane van liefde van hulle wat haar en Rudolph so liefgehad het, is so ver weg van wat Zuluika ken, sy weet, hier is mense wat haar so lief soos hulle eie kind het, altyd gehad het, en ʼn ou hartseer krap aan haar. […]
skeppings opdrag
– Spreuke 12: 10 “Sorg goed vir Sy diere, maar die goddeloses is wreed” – bestuur, beskerm en ontwikkel alles wat Hy vir jou gegee het laat jou hand die goeie doen laat jou hart deur liefde gelei word tot verheerliking van Sy Heilige Naam – waar mens en dier in simbiose saamleef floreer die […]
Wat sal dit wees? Jeugverhaal – 706 woorde
Petrus is baie bekommerd. Een of ander juffrou het die idee gekry om vir die kinders elkeen ’n spesiale naam te gee. Dis kamtig veronderstel om een of ander goeie karaktereienskap van die kind te weerspieël, maar eintlik dink Petrus dat dit ’n simpel idee is. Dit klink ook vir hom maar baie aperig, want […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 2
Hoofstuk 2 – Hoe Vreemd die Oopte Hulle ry in stilte na die Unitas Hospitaal, Zuluika voel die opgewondenheid in haar om Laurie Kilber te sien, en die liefde vir haar ‘suster’, wat sy gevoel het, van die oomblik toe sy haar ʼn leeftyd gelede op Louis Olivier se plaas ontmoet het, is in haar. […]
Waar Liefde Eindig – Hoofstuk 1
Hoofstuk 1 – Uit die Engte Dit is sestien Desember 2015, wanneer Zuluika Zuess wag vir die oopswaai van die deure van die ou ‘Pretoria Sentrale Gevangenis’, nou genaamd, ‘Kgosi Mampuru II Korrektiewe Sentrum’. Die woorde van die vele gesprekke oor die laaste weke met die Superintendent maal in haar gedagtes, ‘Net jy kan jou […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 12
Hoofstuk 12 — Môre en Elke Dag Daarna Dit is na agt in die aand toe Matthew die ligte teen die berg sien aankom waar hy op die stoep sit. Hy voel hoe sy hart versnel en met die hoop en vertroue dat dit Laurie is, stap hy oor die grasperk die voertuig tegemoet. Laurie […]