Desember 2021 – Metaforiese projek
Beste INKers 2021 is metafories op haar rug. Almal begin om stadig af te wen en daarom gaan die opdrag hierdie maand eerder in die kleine ook ‘n bydrae lewer tot beplande ontspanning. Die projek is geheel oop en ontneem van alle voorskifte. In welke afdeling jy ookal deelneem, is dit net jou verbeelding wat […]
2021 se lewenslesse.
2021 se lewenslesse. 2021 het my kom leer dat alles in die lewe nie gebeur soos wat jy dink dit moet gebeur nie. Met die uitbraak van covid-19 en aankondigings van inperkings en maatreëls het abnormale dinge – soos maskerdra, sosiale afstand en hande-was, die nuwe norm geword. Openbare saamtrekke en gesellige kuiers was eensklaps […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 11
Hoofstuk 11 — Van Gister na Vandag Dit is die agtiende Desember, agtuur in die oggend as Laurie deurstap na die paspoort beheer by Oliver Tambo Lughawe. Met die instap in die saal is die beampte by haar — “Dokter Kilber volg my asseblief, ek gaan u bystaan deur die proses.” Hy neem haar aan […]
Waar Liefde Begin – Hoofstuk 10
Hoofstuk 10 — So Diep die Pyn Matthew voel hoe teleurstelling oor hom spoel, twee ure na die onderhoud afgehandel is en Laurie het nie gebel nie — Ag Here asseblief help my. “Wanneer kom mamma, pappa?” kom dit van Christopher. “Weet nie seun, ek weet nie.” Een gedagte gaan deur Matthew se gedagtes — […]
‘n Dag in Paddadys
Toe Koning Paddadigma een oggend vroeg opstaan voel hy ongeduring, hy kan dit nie verstaan sy kop voel swaar en groot, maar sonder koors of pyn boonop moet hy ontdek sy kroon is veels te klein Luid ontbied die koning Hoofhofknaap Parraraat flink wip hy by sy heerser in en sien die ontstellende (mis)daad. Parraraat […]
Liefde 2
Liefde is nie ‘n fisiese spel soos rugby nie dis nie verliefheid wat oorwaai en wham bham thank you mam 80 minute van passie nie dis meer intellektueel soos twee skaakspelers wat oorkant mekaar sit en mekaar uitdaag op geestelike vlak mekaar aanraak met oë en progressief saam ‘n dinkskrum vorm Liefde is om op […]
Ek het hemel gekies
Jy het my hemel gewys maar ek het hel gekies: op my eie gebrekkige manier het ek probeer deal met die lewe. Sò het ek bestaan maar nie geleef nie opgestaan maar bly lê gepraat maar niks gesê nie. Jy het my hel gewys en ek het hemel gekies.
Ek gebruik nie ooit die woord nooit nie
Jou arms het te kort geword om my vas te hou die spykers in jou mond het my soene begin afweer. Ons eens akoestieke kommunikasie kanale is nou net ‘n aanhoudende leë ego. Ek het my gewete verkrag sewe maal sewe keer en die passie-vuur van begeerte wat op ‘n tyd vir jou gebrand het […]
tergende liedjie
– die branders terg my elke uitspoel soompie wit borrelende skuim baken elk sy eie strepie – die diepste verlange ver van my is U nou eeue ver verwyder net waar liefde skyn – Meester diep verlange U stem wil ek nog hoor weergalmende wysie skreiend kerf die note – ©Tearlach