Luna-Diana
Luna-Diana Maanlig Monk Mank sit honde vir die maan en tjank in my hart weergalm heimweë-aanklank my voete dans oor die hemelboog sien ek maan uit splinternuwe oog nes ‘n hert … in sy loog wil ook ek hier soog Met my natuur sinchroniseer ek met jou satelliet sonder magneetveld atmosfeer hidrosfeer het ek geleer […]
Lag
die vroeë lag uit sag mondjie is dodelik aansteeklik as ek veer lig oor voetjies streel die werk lag ‘n bobbejane trop waar net die baas verstaan is ń blaf spel in groepsverband die sosiale gelag ń braak kol is die onbenullige gegiggel van die wat aspris lag die later lag wat onder eelte sit […]
Beton
ń graaf lig val deurdie lug lem die gruis blink klippies spat, meeste lê piramide blink sand sement wag nes te skop in gruis in regte formaat om sterk beton te baar engineur grysstof vereis een twee drie maat werkers meng sementsandgruis op briekdans maat die kwaliteit beton onbepaald spesifikasies in frommelmandjie ongeag sand sement […]
Breek die kettings, wees vry.
In eenvoud wil ek gaan op my kniee en uitroep kan net nie bly staan breek die kettings, wees vry Jouself se eie skuld keuses maak sonder skrome hoop jy kan dit duld geskeur aan jou drome Woorde gepraat voor mense sodoende probleme vir jou geskep erg en dit sonder grense besef was duister woorde […]
Oop
Oop Hier is sy nou op pad. Terug. Haar goed is ingepak. Haar huis verkoop. Sy kan nie glo dat alles so vinnig gebeur het nie, sy staan eintlik verstom. Amper net so vinnig soos destyds, maar hierdie keer asof in tru-rat. Daardie dag het sy gedink: nooit weer nie. Nooit weer sal sy haar […]
Onverstaanbaar
abcde-gedig ‘n 3-delige Monostich (ī)stelling (īī)observasie (īīī)vraag Onverstaanbaar. Asblikdae bewolk candida dou eiers frank grys hel, in jakkalsdraaie kompleks lanseer my nul oor putte quisling rillings sonder twyfel uitkoms vurk, waarom … Xenofobies ylbode Zoster-lyer …? ©️ Dolla Lerm 25/02/2022 Verklarend: Quislings: ondermyners/verraaiers Zenofobie : vreemdelinghaat Ylbode: koerier Zoster: gordelroos
Lewenslesse uit Ouma se spens (Silwer – 700 woorde)
Ouma se spens was ‘n heiligdom van smullekker versoekings wat my menigte maal in die moeilikheid laat beland het. ‘n Verbode terrein vir kinders, maar ‘n lushof vol geure en kleure waaruit ek selde kon wegbly. Die melkkan vol gedroogte perskes was by verre my gunsteling. Ek kon my ook verkyk aan die rakke vol […]
Reptiel Repetisie
Reptiel Repetisie Die sening drade in oorbelading het ge-haywire in my kop, gisteraand eers die kop toe die tand die oor’n’oog en stop toe in die krop Fragmenteer, arsenaliseer en marsjeer regdeur regs links regs links deur die Oekraïne wat eens was… sonder dodelas … Betasting deur die windhonde spilsgolwe – golf op golf – […]
Selah
Die son se laaste strale stook vuur in die wolke met oranje verfkwashale blus dit in die blink gepoetste weerkaats van die waterstroom waar ek net vir ‘n oomblik oop-oog sit en droom so asof dit weet die uitspansel moet wyd oop wees vannag sodat jy in die doflig van die sterre deur die kronkels […]
Akrostigon
Akrostigon ī Rondom skemer winters(v)uur uitgeput droom sy oor tye onbenut onder sekelmaan lê skerwe van bestaan lê spatsels van verstaan anderkant die brug, wink ‘n vergesig, Lewensdrek dreineer te veel en êrens…hoor sy die sagte roepstem van haar messias en Heer īī “…there’s a table, a table for two under the neon blue moon […]