Besoedeling (goud)
Wat kan ek doen om dit te stop wat maak ek met die seer van die aarde en ander se harte wat kan ek sê wat voldoende sal wees iets sonder die verkragting van gaia, mens en dier iets wat alles en almal kan red want ons verwoes mekaar. Wat maak ek met hierdie pyn […]
Ongetiteld
Die aarde is gekantel Ek gaan gebuk teen die skemer Teen die mis wat van die bultende heuwels af sak ….. neerdal Ek kom, orent moeisaam en geleidelik Ek waarneem jou (met ‘n lewende oog)
Die (R)amptenaar
Wette moet gehoorsaam word, dis mos maar gewis maak nie saak die koste of beslommernis ek vermoed amptenare word deur die duiwel self opgelei hoe dan anders as mens kyk na die hel wat ons onder hulle ly? Jou beurt dié sal jy afwag, al moet jy kamp opslaan maar een ding is gewaarborg staan […]
Leef voluit (Brons)
(Verminderde heksa-verse) As die ooste-wind sag aan jou deur klop en koue saam bring met beloftes van sagte wit vlokkies dan is winter hier vir ‘n wyl sodat algar rustig verkeer kort voor lank klop lente aan ons deur so leef voluit nou. © Taai Bonthuys
met
– byna sonder aanraking sweef haar voete oor die strand soos my siel heeltyds die see verken deur oë wat ver sien en deur die mis priem so verdwyn afstand en tyd in daaglikse stryd – met flukse hande en flink verstand vorder die jeug van ons land van klein tot groot, in maalstroom van […]
Agter toe deure
Brons gradering. 847 woorde Agter toe deure “Maak oop die deur!” ʼn Harde gehamer van vuis op hout volg. “Maak oop die donnerse deur nou! Ek maak jou vrek as ek hier uitkom, hoor jy my? Ek maak jou fokken vrek!” Debbie sak bewend op die rusbank neer. Sy voel hoe haar lyf begin ruk. […]
Die oop arms van ‘n moeder 409 woorde Silwer
Oop. Genugtig. Moet hierdie opdrag nou aan my hartskamer kom ruk. Ek sit in ‘n yskoue gang. Bloedvlekke skreeu vanaf die mure. Die stank vanaf die klein hokkie in die hoek vertel jou dat die dood hier sekelstaan. Binnekort sal die masjiene eentonig lank en uitgerek biep. Bloedbelope oë staar intens na jou, asof jy […]
broos (brons)
sneewerk van tyd ken geen perke in haat en nyd verkrummelde hoogmoed peins verby grense van sosiale aksyns verskilfer deur wind sopranos lukraak verstard in asbestos wis jy die stukrag van genade? toe selfs mos blom in ballade geboeë in pilaargange van verwyt fluister Lot se vrou: “ek het spyt” sonde loer altyd met ‘n […]