OP JOU BORSKAS (goud)
As ek vannaand my kop neerlê mag dit op jou borskas wees want ek is bang bang vir myself bang vir Eskom se donker bang vir ons eie Afrika bang vir ‘n heelal wat heeltemal te veel geword het ek is bang omdat ek ‘n vrou is bang omdat ek hier is bang vir skadu’s […]
Kaalvoet Pad
in die son verskroei pad skuifel voete skurf oor vaal sand in selle steriele land groei ń sprietjie gras die groenste groen
My seisoen: winter.
My seisoen: winter. Almal van ons het ʼn gunsteling seisoen. As jy die mense rondom jou bietjie pols, sal jy hoor dat bykans elke mens ʼn gunsteling seisoen het. Wel, ek is definitief ʼn winterkind. Op een koue aand in Julie maand is ek gebore – ʼn winterkind! Winter is beslis nie almal se gunsteling […]
Verspeelde Liefde (Goud)
jou see is nog indigo en jou berge lê nog blomvarsblou soos laventelvelde wat aan die hemel raak diep diep in my vêronthou jou woorde prik nog pruilmondvars raakvas teen my vel se voel in die ryptrap van ‘n winterlandskap toe jy nog somers af wou dwing en jou warm stormwaters oor my koue hart […]
Verlore Kind
die vars bries kring rook geurig in die blou lug oor ń mark kinders ry in sirkels deurdie labirint ń vals trein fluit op sy sirkel pad in die handels paradys lag aanbieders alles is te kry behalwe nie geld goed om ń hoek trane oor ń wang tussen die midas hutte ń verlore kind
Spoor
Spoor Uitgestrek oor vlakte heen in sand geklee in rooi en roes tussen gemsbokspoor en klipknoets rus geelgras winkend waar wilde perde wei bekendheid uit vervloëndheid s-y-p-e-l langsaam terug op die maat van ‘n stoomtrein stik hy sy spoor in lyn en heg die sye van ‘n hart met elke tjoeke-paf heel. ©marikavanheerden
Blink Bure
oues in tehuise met hoë sorg veiligheid is vasgevang in eensaamheid jonges in moderne komplekse gerief en werk is gevou in seriliteit mensdom in eenvormige Youtube blibbs* is verblind tot ń lewelose bestaan * Youtube is die handelsnaam van ń kuberruimte webruimte waarop videos gedeel word deur individue en media instansies.
Kakiebossade (Engelse sonnet) (Goud)
kakiebossade staan blou na die reën wuiwend gelate galant in die wind jare gelede met ‘n rooi gedreun stil-stil hul weg oor die waters gevind In die ryptrap van ‘n winterlandskap het voete van haat die somers verniel bo-oor die kinders se toekoms getrap die aarde verbrand en vroue ontsiel wie sal onthou van ‘n […]