Liefde onbeskryflik groot Silwer
in die ryptrap van ‘n winterlandskap haar wit gevlekte lyf nakend in die holte voetjies koud en styf haar offer een van liefde in die donker nag se klou lippies wat eens rosig was nou ‘n lewelose blou in die ryptrap van ‘n winterlandskap geen spoor was daar te vind eggo stemme in die donker […]
Karoo Kennis
motor dreun bring onbekende stofwolk op die jakkels geur wind in die middagson spaander wit kolle verskrik deur bossieveld mensedade van skeer en slag is wel bekend ooi en kind huppel weg…
Slaap Gedagtes
hoe meer ek slaap dan kom jou kuiers Onverwag steel jy my wese met ope arms en beloftes van werklikheid jou besoek is vry van rekening gevolge net smôrens ontnugter
geboorte van ‘n winterkind (SILWER)
geboorte van ʼn winterkind in wolkelose wintersaand begin my liggie skyn winterweemoed wuif weifelend huiwerend ragfyn sneeuvlokkies val sag en bibberend wyl son se strale skuifelvoet op horison verdwyn met gletservingers streel die swart ryp genadeloos en winterkoue klem aarde vas met kapok-arms al kreunende en kermende sing winterwind sy psalms koue laat voel […]
MY WENS VIR JOU
Mag die son altyd helder voor jou skyn sodat jy sal weet in watter rigting om te gaan mag jy gereeld op die dak van die nag klim om stringe sterre net vir jouself te pluk mag jy elke dag crave na ‘n nuwe avontuur vars water uit lopende stroompies drink nuwe grondpaaie sonder mensgemaakte […]
Kersfees Wasmasjien
oggend, middag tot laat aand rooi wyn glase, allerei eetgery word met vet besmeer almal staan skuldig mense en skottelgoed as vreet getuies die Masjien van alles sal hul spierwit in harde water was my swart pot sal helaas ook mense hande nodig hê
kasteel
– op duine staan daar ‘n kasteel deur eeue se winde uiteen geruk – bou jou huis op vaste klip sodat jy van binne sterkte bereik – bou jou fondamente op klip plate van krag sodat jou kasteel onindringbaar is – op duine van lewe staan jy in onweer verrinneweer en vaal net liefde smelt […]
DIEFDIGTER
DIEFDIGTER Ek skryf omdat ek weet dit is waar dat jou tong in my ink verdrink het dat my verse om jou katedraal dat my asem hunker na jou honger ek skryf omdat ek weet dit is waar dat jou stem ons soms kom haal hier in my Valkenburg waar ons weet dit is waar […]