koffie
– wat is opstaan sonder koffie wat is koffie sonder beskuit – soggens wanneer son oos rooi verf mens verneem van almal wat sterf – dan kom die geur van boeretroos wat klein en groot in liefde vertroos – kom daar die geur in kondensmelk koffie dalk die bevoorregte met vars plaas room – regte, […]
Bakersman
in die rookmis van Main verkeer langs duisende mense verskans in staal staan twee bondels klere in skraal skelet werkers stroom verby bestuurders vol gedagtes van besigheid wat prut in kantoor en koffieshops tuur uit nuwe motors handgaring verbind vaar twee bondels klere die vloed binne om saam deur te gaan
Heilige Katedraal (Goud)
wanneer die ure uitloop en die nag haar sterre oor ons hang in die ryptrap van ‘n winterlandskap waar heilighede katedraal daar waar die donker breekdun word onder drome wat vlak sweef wanneer die ure uitloop en die nag haar sterre oor ons hang daar sal ek jou kom haal en jou kokonlyf ewig binne […]
Voor Drag
in pakkie blou manlik vervat ń vrou met effe rooi serp uit professioneel verslae vooraf gepak in gedrukte omslae flits vals beelde uit eenvoud se maag stotter feite onwelvoeglik sonder wag as stink waarhede as ore luister kaal sonder getikte referate skrik ons wakker en hande klap
Skakerings van winter (Silwer)
Met die nanag se sterwensuur het jy ons karos afgeskop en gepleit: “staan op my lief, kom kyk vóór die die winterveld se skoonheid na sonop weer verbleik!” Hand-aan-hand met die vleiland langs waar Verloren Vallei idillies (stil)lewe het jy my deur die veld gelei – my oë het betraand van die koue gebrand – […]
Die Waarheid
ek jy jou vuil geraamte kaste gesigloos ons waarheid gereduseer in lêers tot stof
Winterlied(goud)
Ek lees ‘n winterboek in die storm van ‘n eensame hoek- want sy is my woordnat water seën met haar grys trui en winterslied speel sy haar dakplaatmelodiek, sy skryf soms in die mos en sypel tussen die takke deur ; sy sit soms stil in die ryptrap van ‘n winterlandskap, en wag op jou […]
Wat skryf ek?
Ek wil in samewerking met die projekbestuurder ‘n paar algemene notas skryf oor inskrywings wat gemaak word in die projekte. Julle sal daarop let dat die kategorie wat voorheen as “Gorrels” bekend gestaan het in Junie verander het na “Meningstukke”. Die verandering moes lankal al gebeur het, maar eerder laat as nooit. UITSLAE Uitslae word […]
Digter & Skrywer? Lees hier – Ink Moderator
(Aangesien INK spog met soveel nuwe lede, wil ek net graag hierdie plasing herhaal vir insae deur elke lid) Eerste plasing is oorspronklik geplaas op 12 Mei 2021 en ons het slegs die datum aangepas Ai, my lieflinkies As `n Afrikaner, is een van die moeilikste dinge vir my om toe te gee dat […]