sonstraalprinses
sonstraalprinses sonstraalprinses vreugdevolle hart jou lag vul ‘n leemte met arms om my nek kalmeer liefde al my vrese my sonstraalprinses hoe durf die lig jou meer liefhê skyn van jou gesig is ewig ©VonVillon
Woorde
Sal daar dan ook woorde wees, sou my hande, gekraak en deurspat met blou, soos die padkaarte van ouds, soekend en bewend huiwer, wanneer jy aan my raak? En wanneer die skoonheid en jeug soos ‘n verveelde minnaar aanbeweeg en langsaam en van jou vergeet? Sal daar dan ook woorde wees, sou al die blomme […]
Hooglied
Hooglied אֲנִי לְדוֹדִי וְדוֹדִי לִי Jou vergifnis het ek verpand vir dertig nuwe drome, toe my kruis langs jou poorte laat lê. En maar vir jou ‘n tuin geplant, met vyebome sonder vrug, net soos jy graag wou hê. Al die offers wat ek eens na jou heil’ge plek sou bring, lê vertrap soos sout […]
Papierhart
Papierhart jou wankelhand se skribbels is met deernis en liefde georden sodat ons saam mooi herinneringe kon skryf met begrip prettig versier om só die wêreld se onreg en seer sinvol te verdryf toe (onverwags) kom ‘n stormwind ruk met ondeurdagte woord en daad jare se saamskryf los frommel dit onbarmhartig op en smyt dit […]
Bedorwenheid
Bedorwenheid As ‘n blom té veel son té veel water té veel kompos kry en té lank aan eie wil en genade oorgelaat word verrot die stam verlep die blare en knak die kroon word dít wat volmaak gevorm is deur Skepperhand bedoel is om ‘n aangename geur te versprei om met skoonheid te pronk […]
konsolasie (silwer)
die jakarandas blom weer geil vanjaar ‘n lilafees vir ons gespaar bied vertroosting teen hartsverlange oor elk’ beminde verganklike ©Driekie Grobler (2022)
Soet Genoeg
Soet genoeg Suiker in my koffie, en suiker in my tee. Tjokits vir brekvis, en tjoklits vir dinee. Sweeties vir jou, en sweeties vir my. Jou lyfie is die roomys, wat deur my hande gly.
gemene(b/p)es
gewroegde land geknelde land verguisde land met sy doringboompie geskiedenis sonder sy volks ideale en morele waardes gestroop van sy minerale rykdom in grondstowwe gestroop van sy selfregerende strewe en trotsheid in homself verward tot die tiende geslag se straf reik daar steeds skape ter slagting gelei na die gemene(B/p)es se valsheid soek hul steeds […]