Lente ontwaking Silwer
Winter kug ‘n laaste roesbruinblaar en in die oostle bloos die lente, haar boesem vlek roosrooi
irritasie purgasie
telkens wanneer sy skrywes die openbare oog tref maak dit hel in haar los die losheid van sy woorde die grafiese voorstellings van geskrewe gedagtes druis in teen haar sin háár sin van dinge hoe sý dit wil hê háár bekrompte en saai manier sonder innovering vasgelê in papier wat reëls voeg waar geen las […]
Stilswye
Granaatrooi geheime dwaal blosend deur die spasies van die gat in my siel waar hulle (soos verroeste krane) bloeiend bloep-bloep drup en afsyfer deur die krake na die krater in my hart waar hulle pateties en stom rebelleer teen my wil en spraakverbod.
leë woorde
met hoogdrawende stem lê hy sy eskatologiese siening uit sy woorde ril van inspanning hoorders gril van verdriet so groet die prediker tans die toegewyde skape van sy wei met dramatiese stemtoon wat sy afkoms verklap in alles loop die goue draad van christologiese belofte aan mens kroon van Sy skeppingsverhaal enigste geskapenes met rede […]
Te min
Te min Altyd was daar net dié; Geloof, hoop, liefde, hiedie drie. En in bitter eensaam nag van liefdeloos gegrendel? En as hartstogs eenvoud kreun en kla by die drempel? Hoe dan smeek ek wel van U, Here, God van Woord en Tempel, Is daar nie dan meer as net dié? As geloof, hoop, liefde. […]
Sielshangkas
Sielshangkas Jy het skielik verskyn, rondgekrap en net so skielik weer geloop. Jy het gesoek, gegrawe en gebreek sonder om te vra of jy mag of kan of moet. Jy het ingestap, deure oopgegooi en ou gordyne oopgetrek, die son weer die plankvloer laat skroei. Jy het weggedraai, trots op jou redderswerk. Maar die donker […]
Die Hond (Vir Sammy)
Die Hond (Vir Sammy) My liefde was vir jou, ounooi. en was so sterk en eg. Opreg het ek geloop en lieg, oor jou pantoffels wat net weg. My gees en hart was goed, ounooi. en al my bedoelings edel. Maar nou wil jy nie meer na my kyk, selfs sou ek staan en bedel. […]