Jou huis se geskiedenis.
Jou huis se geskiedenis. Meeste van ons is so gelukkig om in ʼn huis te kan woon. Het dit al by jou opgekom dat elke huis sy eie geskiedenis het? Dieselfde geld vir elke woonstel of enige gebou. Vrae wat opduik is: wanneer is die gebou opgerig? Hoekom is die gebou oorspronklik gebou? Wie het […]
September 2022 – Snelheidsprojek
Beste INKers Hierdie maand, aan die begin van die broeiseisoen, kan ons gerus die snelheid lig, en wat beter is SNELHEID as tema? DIGTERS 1. Skryf ‘n Snelsonnet. 2. Die tema van jou vers hoef nie “snelheid” te wees nie. 3. Ek gaan die rymskema streng merk, maar jy is nie verplig om as metrum […]
As jy kan droom.
As jy kan droom. Elkeen van ons het ʼn ingebore hunkering om eendag ons eie huis te besit. Toe ek ʼn jong meisie was, kon ek ure rondry en huise kyk. Die gewoonte is gevorm toe my pa ons op Sondagmiddag-uitstappies geneem het. Ons sou van Walvisbaai ry na Swakopmund om draairoomys te koop, dan […]
kom na my huis – my woning (SILWER)
kom na my huis – my woning hier waar my hart is, sal jy my vind tussen my ougoed en onthougoed met ʼn leksel verf en skeut sentiment ʼn muurbehangsel op katoen gedruk vrolik laggend gesigte in portretrame vertel ons woning in sy stille woorde vir jou die pad van ons lewensverhaal … ©Marlene Erasmus […]
Deurgetrapte drumpel
jou drumpel was deurgetrap my huis, my siel, my lief hoe het ek toegelaat dat tyd jou so eindloos verniel verkalk, verbleik met onthou se verwyt het jou laaste groet geraam in my martelaarsdeur en hom herhaal in wind se lied keer op keer brand jou kar se dakliggie met jou laaste kus jou laaste […]
huis met eenduisend kamers (Silwer)
my hart word ‘n huis met eenduisend kamers wanneer ons minne-skadu’s lok en speel teen ‘n ontvanklike muur en ons omhelsend saamsmelt in perfekte liefdesharmonie
verganklikheid (Silwer)
toe verganklikheid my tuiste se tydlose skermmure binnedring my ontneem van my huis se hart het my onroerende geloof in genadige goedheid gewigloos verskuif tot nét duskant die grens van die straat waar ek woon
My huis, my musiek
My huis, my musiek Vannaand speel my musiek saggies tussen wondergesiggies soos engele vas aan die slaap julle stemme is my musiek julle geraas ‘n meesterstuk die gelag my lofprysing selfs die gekla stuur my in diep verwondering elke noot ‘n lewensmelodie lirieke vanuit die hemel dit speel voor my af soos ‘n skouspel hier […]
ware woning (SILWER)
ware woning Sondag is soos sproeireën na die week as die wêreld se voetval stiller word en doudruppels sagte seën uitstort weet ek: die Sabbat het aangebreek met opwinding gaan ons na Sy huis soos dit duidelik sê: die kleine kind sal vreugde by hul mammas vind so kom ons by strome van seën tuis […]