Agter die skynglans
Agter die Skynglans die volmaan gloed oor verlate waters onheilspellend die koue maanligaand die nag in sy midde my deur dig gegrendel ek staar deur stofbedekte ruite buite kreun donker takke ń silhoeët verskyn uit donker hoeke sluip saggies nader, sy slingerspoor verdof agter die skynglans van die maan staar hy vasberade met leë […]
Vals note
Valse note dit is stil om my waar herinnering my lei net ek ken die geheim waarom ek my drome vermy gister se beloftes is verby ons saamwees het ek beny maar toe ek ophou aan my drome verf het iets binne my gesterf ons foxtrot ritme was vlot jy’t my glimlaggend op die […]
Die skaal lieg nie (Brons)
Die skaal lieg nie 103. Dit is mos nou wat die badkamerskaal my gisteroggend wou kom vertel. En al wat ek wou weet is hoeveel ek weeg. En dit sonder ‘n draad klere. Dit is mos nou glad nie moontlik nie. Daarom het ek maar vanoggend die ou skaal weggegooi en gou dorp toe gery […]
Winterpaar
blink skerp verkeer kou die werksdag in son weerkaats op gogga doppe met sagte binnegoed Ontdekkers verby na Main Road omspan met Newbury rampokker buurt Triomf afrikaaner nus wysheid huise SAUK, RAU en WITS Newtown indiër middestad almal wag op die miere mag robot op Delarey staan oogloos dood verwar die dolle mense stroom ou […]
Trog Danse
volksdanse verwoerd gevoster gister se genre word verkoop as vryheid ubuntu danse gebou uit voetestamp verlede vermeng met môre gechoreografeer as vryheid breek die dans stof trap, stof trap die verlede op eie ritme in môre stappies
TOE VAL LIG
TOE VAL LIG Geskryf deur Fanus Strydom 3372 woorde Die grysblou volmaan soek onseker na deurkomplek iewers tussen die donderwolke bo die kuslyn deur. Dit gly onvas tussen vlae reën en digte miswalms bo ons koppe verby. Tussen die berge aan weerskante van die stilswart hawe hang die naghemel laag en swanger met stormbelofte. Ek […]
Tammeletjie
grynslag seisoenveranderings aardbewings uitgestrek oor die aarde dowwe brullende weersomstandighede vervloek is die aarde deur ongure toestande tawwe tammaletjie waaraan ons peusel soos vuurspuwende lawa die aardkors deurwelk vertrap versplinter verniel die heilsaamheid tot nuut taaie tammeletjie uitgerekte spul moordadig uitgesproke wesens uitgemergelde sienings weerspreekte gebeure verpletterd in flarde dure tammaletjie lesse kuisheid gestroop
Letters (Silwer)
Op papirus pryk geskrifte inkswart gegrafeer pronk hul soos figure op bladsye gedrapeer parfuum ‘n ryke geur as ink en perkament trou en bladsye in eenvoud in boekvorm toevou vloei hul soos riviere vorm ‘n verhaal vertel van vele feite oor elke volk en taal beskik letters oor ‘n mag om wysheid te kan bied […]
Onweersdag (Silwer)
Vanoggend treur my ruit sonder skaamte of verweer in slierte loop sy trane huil hy aanhoudend in koue weer. Die wind treur sy hartseer suis deur gebreekte glas sy stem goël deur spasies waar eens ventsters was. Die wolke hang in donker soos n kombers met veredons omvou moederaarde ‘wyl blitse om hom […]
Natuurstudie (silwer)
Had sy ‘n stem, woorde, hande en ‘n pen, glo ek sy sou die proefskrif oor om te leef en onvoorwaardelik lief te hê met onderskeiding voor ons neer kon lê maar dalk was dit ‘n Godsbesluit dat jy en ek haar stom lankmoedigheid deur voor- en teëspoed gadeslaan sodat ons ook die brute krag […]