Toentertyd se grootmaak proses
kindertyd ingesink was gehoorsaamheid maniere, selfrespek en integriteit het ons geweet wat van ons verwag word respek was vasgepen in die brein die waarheid ingewortel in die siel want ons was mens van mense onthou dinge wat nooit verlore sou raak nie soms ook het hartseer goed gekom en die siel geruk tot stilstand storms […]
Namibnes (goud)
Nes vir my ‘n bietjie vrede in jou hart ‘n rusplek wat my kan skans teen gister se omwaaiwind ‘n plek soos in die holte van jou arm waar alles om my net om ons draai. Sing vir my met jou soet stem en woorde sonder taal in die vroeë oggendure: “Goeiemôre my sonskyn, goeiemôre […]
Gesteelde Spasies (goud)
Hier sit ek wakker in my eie slaap voor jou middernag uur net om te wonder het jy gesien gister was hier het jy gehoor vandag het gevlieg proe jy ook die briekholtes van manna in jou mond of het jy vergeet dat buite draaie en binne vlugte in dieselfde cul-de-zac vir mekaar sit en […]
Vier by Vier
klein ken manne koop op skuld karre skakels sit knoppe blink op panele die onmoontlike te doen heellaas die ratte krap alles is uit beheer egos vries
Harmonie
musiek akkoorde vry in aantrek kamer om harmoniese klank uit staal en hout in blaas en stryk te vind lig verskerp na maestro podium gekrabbel oor kleredrag kommittee aanvalle verstil van voor na uitgang die fokus is nou op my instrument die speel van eie suiwer note sonder oë op dirigent of aandag by konsert […]
Die Bos – Wintertyd
die bos se oë het daagliks dowwer geraak trane in die vorm van blare gestort die skelet het bros deur haar vergeelde vel gebreek die voëls in haar hart het blý roep neste gebou van fýn takke as hoóp hul sang het die lobbe In haar kop met bloed en gees besig gehou die seisoen […]
Ongestoord
wind waai swak bome om rippels en stormglowe op, om druk te verlig wind sug verby sagte varingblare waar die dou druppels, in harmonie dans wind seën en verwoes in ewe mates elke bries is, ons maat
Wat lei tot die tragedie van gesinsmoorde?
(Woordtelling 1075) Gesinsgeweld speel nie noodwendig ‘n rol nie, maar ‘n gevoel van hopeloosheid en onmag om jou en jou gesin se omstandighede te verander, speel wel ‘n rol. Om tot die daad van gesinsmoord oor te gaan, moet jy aan een of ander vorm van ‘n geestesversteuring lei, heel waarskynlik depressie in ‘n […]