wat is kleur
rooi is die kleur vir optooi groen is die kleur van jaloesie blou is die kleur van die onbekende geel is die kleur van lafhartigheid pers is die kleur wat gil en jil pienk is die kleur vir ‘n baba swart is die afwesigheid van wit wit is die kleur waarop ons skryf so is […]
Saam gebind
Saam gebind ons sweef op die wieke van die wind in eenheid is ons saam gebind onaangeraak suis ons deur die reënwoud die harmonie van ons vlug in eenvoud die grasieuse span van ons vlerke onvermybaar ooreenstemmende gevoel van triomf wat ons ervaar ure van ons wintersvlug flits genadeloos verby die soel aandlug kan ons […]
Gewasemde ruite
Gewasemde ruite ek voel hoe die donker oor my neerdaal staar met troebel trane deur gewasemde ruite bakhand vang ek ń druppeltjie dou ek skryf jou naam met versigtigheid teen ń gekraakte ruit ek tuur na buite my flenter siel kyk nie op ek wil roep, maar my woorde is min trane dam op in […]
LEER MY
Leer my verstaan, hoekom dinge so drasties verander het. Is verandering noodwendig goed of is jy ook uit die era waar verandering moeilik aanvaarbaar is ? Ek hanteer verandering nie baie goed nie. In ‘n sekere mate aanvaar ek sekere goed, maar dit neem tyd want ‘n mens ontwortel nie maklik nie. Kinders grootmaak het […]
’n Kaalvoet Klonkie
Met ’n verflenterde broekie en geskeurde hempie staan hy daar die seuntjie ’n kaalvoet klonkie snot neusie loop ogies vol hoop wag hy geduldig gedienstig gedweë mevrou so paar pennies ek kyk van die grond af op twee swart beentjies geraamtejies velletjie plek-plek skurf wit armpies en handjies saamgevou om koue uit te hou die […]
Introspeksie (Goud)
Introspeksie ek het ‘n prismalens ervaar die kartels deur sy glimgelaat het oor my vel en deur my siel in buffertaal met my gepraat en deur sy silwer glasgordyn aankantig tot sy kubusrant het oor my oog se invallyn ‘n windreënboog op my gebrand daar was ek wees en weggeval my ware self was blootgestel
My hemelse straat (Goud)
My hemelse straat so het ek gedroom van ‘n hemelse straat van glyglip op groen gras in glimmergewaad van rose en rambas van bruis en brokaat van lower en lof in ‘n blinkgoue graad so het ek gedroom van ‘n hemelse straat teenoor haat en sy hinka se skande en skaad met sy vuur en […]
oomblikke
in die geroesmoes maar eenkant binne babelse verwarrende geluide skakel my gees homself af in beskerming die ewige bandopnemer van my brein loop al vinniger om te registreer maar verloop spoedig op vae beelde van wat gebeur soveel oomblikke virewig vasgevang daarin om herinneringe te skep vir later om terug te roep in nog oomblikke […]
slaap
wat is slaap ‘n soete ding vir die sieke is dit ‘n kuur vir die eensame ‘n verbeeldingsvlug vir die digter ‘n handbook vol herinneringe vir die wat onseker is ‘n vreesaanjaende ervaring vir die oues van dae, net maar nog ‘n paar ure wat verbygaan slaap is ‘n uitvloeisel van: geloof, hoop en […]
TOE ONS NOG KINDERS WAS
“Kinders was nog kinders, toe ons nog kinders was “, heet die liedjie wat baie van ons vandag nog sal onthou. As ons kyk na die kinders van die twintigste eeu lyk die prentjie drasties anders met tegnologie en alles wat daarmee gepaard gaan. Ons sou ‘n interessante debat daaroor kon voer. Kom ons onthou […]