GEBOUE VAN VLEIS
Brons Kategorie 948 woorde GEBOUE VAN VLEIS Ken ons mekaar ooit? Het ek al jou gesig gesien? Ek glo nie. Jou mensgesig is perfek aanmekaar geweef sodat jy, eintlik gees, ‘n prentjie kan wees. ‘n Lyf om jou op aarde te dra, te verteenwoordig en waarin jy kan “woon”. ‘n Lyf wat jou tydslyn kan […]
Fop Boere
“ ‘n Griekwastad kind sê jy. Dink jy in hierdie tye gaan jy ‘n verskil kom maak hier-hier in ons geweste?” Frederick krap soos ‘n besentene tussen sy nota’s deur. “Julle sien nie wat ek sien, julle kyk almal in julle neuse vas!” Hy was nog altyd selfverseker nooit ‘n pessimis. “ Stadskinders wat hul […]
Dag drome in absurde (goud)
ek het jou uit ‘n rissie gekrap was dit ‘n liefste verspotte grap ‘n lankmaerman stap oor die pad met ‘n kat in sy ou verslete goiingsak dis duifies want bont so koe en koeie wat kom loe in monumente van ons taal soms loop ons, ag tog so kaal ©Morné du Preez
DAAR IS SEKERE INSIDENTE IN DIE LEWE WAT MY ALTYD SAL BYBLY. Hierdie is een van hulle. Daardie nag … (silwer)
daardie nag het ons hoopvol gewag dat die helikopter ons oppik … iemand het ons ligging verklik op die buitewyke van die nag se glimlag felblink ge-speldekussing die nag se prag grootoog gewink die maan se blink daardie nag het ons hoopvol gewag dat die helikopter ons oppik aswit drag die melkweg se sterrevrag toe […]
Verlangevlug
my gees sweef op die blou-blou strome van haar lug in my verlangevlug rooibruin duine kontoer haar some uitgestrekte Kgalagadi-drome kruin terug duinebesies sing hul Kgalagadi stem wyl geitjies blaf-blaf draf oor haar duine waaisand Jakkals-tjank die wind se stem hiëna koggel-lag maanhaar se brul-seine wolkies stof plof dof onder gemsbokpote Kgalagadi-kudde drink waar watergate […]
kus van ‘n kis
ons harte lê naak in vreemde lande se braak ons kinders dra kultuur na wye klowe wat gluur nuut in die land ver suid werk hul vrolik in die onkruid waar vlaktes vol barre ongeloof dreig om hul boodskap te verdoof ver van hul land van oorsprong met afwagting en soms bewing ploeg en plant […]
Maart 2024 – OOP projek
Beste INKers Ons betree Maart en is in die laaste strek van die eerste kwartaal van 2024. Hierdie maand is ‘n vrye en oop projek sonder voorskrifte en reëls. Daar is totale vryheid om deel te neem in al die afdelings sonder enige regulasies. Innoverende mense skryf in Afrikaans. Skryf groete Projekbestuurder. *ONTHOU SLEGS 2 […]
Die skadukant van donker.
Die skadukant van donker. Lien Meiring, die suksesvolle prokureur se naam was op baie mense se lippe. Sy was die toonbeeld van ‘n suksesvolle vrou. Wat almal nie geweet het nie, sy het ‘n groot struikelblok in haar lewe gehad. ‘n Verskriklike vrees vir die donker. Lien het van kleintyd af ‘n erg ongemaklike verhouding […]
‘n limeriek oor vrese (SILWER)
‘n sekere Piet van der Kaai was bang vir die koms van ‘n haai hy swem dat dit klap dat water so spat en skree toe glo kliphard koeBAAI! ©MarleneErasmus 29/02/2024
Die mens en sy struikelblokke.
Die mens en sy struikelblokke. Ons as mens se lewe loop ‘n spesifieke pad. Op hierdie aardse reis van ons bestaan is daar dikwels dinge wat met ons gebeur waarvoor ons dikwels glad nie gereed is nie. Ons kan die hindernisse, net soos die dolosse wat ruwe branders in toom moet hou, nie voorsien nie. […]