betyds
ouderwets is dit pyn wat jou vertel daar is iets verkeerd skielike indringende aanhoudende brandpyn jou liggaam aangepas by vandag se klimaat en drool maak gebruik van stokoue tafereel vir jou – medikasie operatiewe ingryp langdurend verdoof rus op die alkoof wag op uitslag op nog ‘n dag Ó Tearlach.
Handgemeen
onstoke skree en skiet ons skote digitaal beveilig vir ons spekskiet vertonings omring deur glas panele kraak die media granaat die kante is styf gepak elkeen het ń punt breek oop die rooi en versigtig pak die pitte uit ideologieë blits vining laai breine vol patrone maar druk, breek granate laat die glas in skrewe […]
Jesus se skemerskildery
met die dag wat sy nagklere aantrek sit ek hier in die geluide van die skemerte met ‘n glasie wyn afwagtend vir die nag wat gereed maak vir die nagsimfonie waar God met sy kwas kwistig in mengelmoeskleure teen die horison begin verf op sy doek die blou hemelse agtergrond streep Hy silwer en […]
Desember 2024 – Kersfees projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hier 10 lede! WENNERS GEDIGTE: BRONS: (1) No 1 Marthie Joubert (RIV) met Boemelaar (2) No 8 Cobus Kruger met Plastiek vrolikheid (3) No 7 Cobus Kruger met Hoekom jy ’n geskenkbewys kry SILWER: (1) No 17 Retha van Deventer met Sensoriese euforie (2) No 5 Pieter Mostert met As die son […]
Nooit Alleen
Ons almal se lewens is gejaagd. Elkeen het sy eie bekommernisse en dinge wat hulle daagliks besig hou. Kinders moet skool toe, daars druk by die werk, verhoudings loop nie altyd glad nie, finasies is beroerd en die regering maak ook nie dinge makliker nie. Dan, uit die bloute gebeur iets. Iets wat jou hele […]
hartstaal (Goud)
die hart …passievolle kruitvat… laat hom naïef uitlok en reageer dan ten beste …onvoorspelbaar op die verleidelike koggels van liefde en haat © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2025
Gebou
stinkend skoon die natstof ruik van growwe gemengde boustowwe hier en daar nog is ń haakplek wat lek lek gewoonte raak ure word gewerkskaf aan my onderhoud, sagteware opgradering die herstel van vervalle hardeware in die stryd teen my verval geboue gestut op stoere fondamente val egter verseker plat oor eeue dan in ń sekonde […]
Ontvangsplekke
in die bekende gang af na baas se slaapkamer bekend as hoofkantoor waar elke helder môre gou ń geslote dag word op hoë stallasies sit die base onverskillig oor die werkers se swaar vrag waar take net ń slawe roetine word by die agterdeur met groot gevaar tekens lê die werkplek vuilgoed hope maar die […]
Vormlose Skaduwees
donker is die maan koud is my binneste die lag in my week verskiet sterre my binneste vormlose skaduwees koggel in my rond gedagtes swieterjol alom teenwoordig fnuik koggelende kloppe my hartsnare deurdrenkte woorde stortende afgronde uitgerafelde wese beur ek myself na vore klaagliedere so beskore binnegolwe tastend rond bespiegel terwyl weersin skokgolwe tasbaar prikkel […]