sfeer van seën – (Silwer)
sfeer van seën – (Silwer) een gemene faktor deel elk’ mens: dieselfde planeet vir bestaansdeug van eerste veerligte asemteug tot laaste loodsware vaarwel-wens hoe vrygewig is jou atmosfeer in fyn balans gesinchroniseer uit jou skoot voed jy menige gul elk’ plant wat in water of grond groei elk’ wese […]
Terra (Goud)
Haar lyf is skurf van stof en roet tog hang daar botsels aan haar loot ons skeur haar oop met skaar en ploeg sy antwoord ons met lewensbrood sy gee veel meer as wat sy vra terwyl sy ons venyn verdra ‘n troefkaart uit die Skeppershand, redeloos, maar verhewe bo wie gedeel is met verstand, […]
Mens… die Moordenaar Goud 235 woorde
Ek snoer die alarm se gekerm met ‘n klap van die hand. Klein geel tabletjies spat oor die vloer. Ek is moeg. Moeg vir hierdie alewige vuil vrot asem wat op die wind aangedra word. Ek krap die allergie pilletjies bymekaar en druk byvoorbaat een onder my tong in. Hier sal ek nog versmoor. […]
Onder ons voete (Goud)
In skeure van grond lê stories verborge, van voete wat teen klip hul roete gesoek het, van saad wat gesaai is in die regte tyd, en reën wat met sagte hande kom troos bied. Ek tel ’n klont op, swaar van gebeure, ’n stukkie aarde, afgerond deur eeue. Klei koester boomwortels soos ’n ouer se […]
Terug na die begin
Terug na die begin Die beste ding van ouer word is dat jou storie ’n begin, ’n middel en ’n einde kan hê. Ons het mos op skool geleer dat dit die bouvorm van ’n goeie storie is. En nog ’n lekker ding is dat jy kan terugkyk en sien dat alles wat die slimmes […]
aan die einde (Goud)
aan die einde die son het oor die westerkim gesink in kleure soos die vere van ’n vuurvink ek het asemloos na die skouspel gestaar want dit het my aan jou laat dink toe ek die eerste roep van ’n ooruil hoor het ek geweet die stryd is verloor die nag het stil oor die […]
Maart 2025 – OOP projek – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 13 lede! WENNERS: Brons: (1) 20 Boekebessie (Leigh Olivier) met Huishunker (2) 16 Rosalee Meyer met Omwenteling (3) 21 Hennie du Toit met 60 jaar van nou Silwer: (1) 3 Colin Steyn met Die strik van sien (2) 12 Pieter Mostert met Raak my nie *Dagbreek (3) 1 Coenie Horak met […]
gewelf
onder eindelose hemel draai lewe saggies uitgestrektheid van wonders en geheime harmonie verkondig deur sonverligte dae tog bly daar raaisels wat wag om te ontplooi uit grond vorm drome wortels wat groei verraai hoop dat die bodem wel wil gee berge troon hoog, aanskou wedloop van tyd strome verf verhale in fluistering van […]