Uitgeleefde strate
Uitgeleefde strate Saans raak die ligte minder, stemme stil. Die strate leeg, ek mis die alewige beweeg. Stasie staan vol bagasie. Herinneringe neem hul saam; die res maak nie meer saak nie. Skielik is dit nog net ek en my lens. Tyd vir nog een laaste foto van hierdie dorp en sy mens. Die laaste […]
Oom Bennie se rooi lorie
Sy koms was amper soos die trein. Almal het al oom Bennie se tyd geken. Hy het geboer vir Petrus Steyn, daar duskant die vlei. Roesrooi, om presies te wees. Houtraamwerk vir bagasie. Vandag ry hy varke, môre strooi, ander dag pampoene. Maak nie saak die vrag wat hy sou laai nie, sy lorrie was […]
Karolina se swart pot
Karolina se swart pot Sy was bekend as die vrou van die bos. Party het na haar verwys as gemors. Ou gelapte rok, ‘n kappie wat dalk uit die oorlogstyd uit kom. Sy het geleef in ‘n swart kleisteenhuis teen die rivier. Kinders het geglo sy is ‘n heks. Lang toutjies hare en ‘n skerp […]
gans
uit dieptes van verlede kom liedjies lankal vergeet oor koring gerwe en stroompies waar water onderdeur bruggies spoel om nooit weer terug te keer nie gedagtes gans versonke onder herinneringe van mooi en dikwels ook traumatiese verlede van bloed bevlekte gebeure uit oorloë bedek onder lae politieke retoriek om alles te […]
Leopold se appels
Leopold se Appels Groot grashoed met sy rooi-grys blokkieshemp, denim en oorpak. ‘n Welopgevoede man, mooi gebou. Sy spiere laat die nooiens se bene vou. Bruin gebak deur die son, staan Leopold elke dag krom in die boord. Met appels betaal hy sy brood, voorsien hy vir sy gesin. Pa van vier, leef hy elke […]
Foto’s in my gang
Foto’s in my gang Op die koppie sien ek hom staan. Die Engelsman met sy bofbalpet, kakiebroek en -hemp. Swart kruisbande. Mooi versorgde hande. Amper soos ’n tydskriffoto. Bergtoppe agter hom, perfekte foto vir ’n raam. Ek groet en stel voor om ’n foto te neem. Dit was regtig mooi. In gebroke Afrikaans vertel die […]
Hy is Boet
Hy is Boet Sou jy na hom kyk, weet jy hierdie man is deel van God se koninkryk. Grootgeword op ‘n plaas naby die maroelaboom. Swaar het hy al gekry, maar sy God het hy nog nooit vermy. Oudhede en die Dorslandtrek het hy ‘n groot liefde voor. Sy vrou van agt-en-veertig jaar is hierdie […]
Die gekreukelde klere en die droë rangskikking
In ’n predikant se loopbaan kry hy sekerlik met baie komiese insidente te doen, en soms ongemaklike situasies waarin jy jou waardigheid moet behou. Met my as deeltydse aflos-predikant was dit ook nie anders nie. Ek het op ’n stadium gereeld diens gedoen by ’n Ouetehuis op ’n dorpie in Noordwes. Een oggend na die […]
beterweter (Goud)
by uitstek is daar mense wat altyd beter weet en nie skroom om die sin …laat ék jou vertel… te gebruik vanaf hul denkbeeldige seepkissies nie dit klink asof hul alomteenwoordig moet wees by al wat ‘n gebeurtenis is want Verteller begin nét praat, met almal aan sy lippe of Beterweter vat die […]
Moeggepraat (Goud)
‘n Oom van die plaas Moeggepraat Staan vir ander se stories paraat: Daai’s niks my ou pêl Laat ék jou vertel Dan’s daar geen kans meer vir saampraat En almal konf’reer dat dit klap Hul gaan nie meer lug sit en hap Hul sit toe voortaan Met stomheid geslaan En Oom met sy eie […]