Die Stories van ou fotorame
Die stories van ou fotorame ‘n Lewe geleef. So baie het ek beleef. Soveel gesigte se herinneringe het bly kleef. My lens vang vas hoe almal probeer om hul weg te vind. Ander se drome is deur die wind verwaai. Goed of kwaad, kry ons langs die pad iewers raad. Myself lankal iewers in die […]
Jy verdien ñ goue raam
Jy verdien ‘n goue raam Saam het ons gebou aan ‘n groot droom saam. Ek het geskryf, jy het gelees. Op die wolke was ons gewees. Skielik is jy weg. Die slot het in my kop bly hang. Nog net ‘n paar tree wat ek en jy moes gee. Nou is jy skielik sonder totsiens […]
Elke hart word n dorp van onthou
Elke hart word ‘n dorp van onthou. Stof- en teerstrate. Soms net ‘n spoor. Iewers is almal maar net ‘n mens met ‘n wens. Herinneringe is die foto’s teen die gange van onthou, hier diep in jou hart. Groot foto’s met goue rame, ander klein, maar die gedagte bly groot. Soos in ‘n dorp kom […]
Te kosbaar om klaar te vertel
“Onthou julle die dag toe Oupa Niklaas moes opstaan om oor sy sny brood te kon sien?” Nog voordat iemand die storie behoorlik kon vertel, val ’n stem aan die oorkant van die tafel in: “Dis nog niks. Laat ek jou vertel van Ouma Lilly op Kaiingbulte …” So het dit altyd […]
kwaatkat
holrug geryde pret speelse geroesemoes so speel die kat in jou oor berge en dale van menswees vanself selfs in die winter van jou lewe speel dit aan geen einde aan jou kattekwaad geen ontnugterende denke gewetenlose skattejag van selfplesier in neon geverf stap jy glimlaggend aan sorgelose argelose bestaan geen […]
Lady Ann
Lady Ann Ouderdom kon haar nie pootjie nie. Vir haar was dit net ‘n nommer. Niks in hierdie lewe kon vir Lady Ann kommer bring nie, behalwe sou jy haar tannie noem. Van styl het sy gehou. Party sou hul koppe draai, en die tannies met krimpelienrokke sou agter hul hande praat. Met ‘n glas […]
Martie Monroe
Martie Monroe Eintlik was sy Martina Hester Koekemoer. Hulle het gebly daar by die dam, bekend as die Damduikers. As kind was sy alles behalwe ‘n swaan, meer geneig na ‘n gans. Met vuiste kon sy veg en verder as al die seuns klippies spoeg. Volgens die dorp was daar vir die witkop met sproete […]
Dawie van die stalle
Dawie van die stalle Van kleins af was hy maar ‘n besige kind. Grootgeword saam met die wind. Skool het hy heeltemal gemis. Perde was vir hom baie beter as juffrou se verkeerde merke in sy boek. Sy ouers het hom maar laat begaan. Onnies het gesê die kind sal vergaan. Saans is hy netjies […]
JUNIE 2026 – STREEK/OMGEWING PROJEK – Kommentaar en uitslae
Baie geluk aan hierdie 11 lede! WENNERS: GEDIGTE: BRONS: (1) No 4 Pierce van Tonder met Houtbaai se anne’kiint (2) No 9 Martha Maria Jones met Buitelyne van grond (3) No 15 Anja Nel met Die vallei van verlore vee SILWER: (1) No 12 Nicola Brown met Tsitsikamma (2) No 3 Charles Skeen met Bergrant […]