September 2026 – My Opinie projek
Beste INKers Hierdie maand ondersoek ons die vryevers, opinies en blitsfiksie. GEDIGTE: 1. Skryf ‘n vryevers (geen rym, geen rigiede vorm) 2. Die onderwerp vir jou vers is geheel jou eie keuse. 3. Daar is geen voorgestelde lengte nie. 4. Spelling en ander digterlike reëls bly van toepassing. PROSA: 1. Skryf hierdie maand ‘n sterk […]
Na soveel jare
Na soveel jare… Ons was in die paddaklas, dit kan ek nog goed onthou. My klei was geel, joune blou. Jy het ons nog smaaklik aan dit laat kou. Die ander kinders was vir ons te veel. In ons eie wêreld het ons gespeel. Die grootmenswet het my beste maatjie by […]
Lente in my hart
Lente in my hart Vroeg in die môre groet ek jou. Die laaste sterretjie knipoog vir oulaas saam met die oggenddou. Gisteraand het die maan skeef op ‘n ander plek gaan hang, wetend: môre-oggend bring die son lentedag saam. Liewe Heer, mag daar vandag lente-bloeisels aan die harte van mense kom hang […]
Lente in die bos
Lente in die bos Pers jakaranda dra sy kroon. Kameelhout pronk met wit blommetjies, ’n belofte dat die peule kom. Tarentaal lê al reeds, eiers snoesig weggesteek tussen geel veldgras. Eerste veldblomme wys hul gesig, terwyl die ander wag op die reën. Moeder Natuur dra trots haar parfuum van bloeiselgeure. […]
Padkos vir die hart
Padkos vir die hart Tema: Wat stories aan mense doen. (Woordtelling: 1 343) Daar is iets aan die langpad. Dit maak mens rustig. Na die eerste honderd kilometer dink jy nog jy gaan fluks deurdruk. Teen die derde honderd kilometer begin die koffiefles belangriker lyk as die landskap en wonder jy hoekom elke padteken skielik […]
Die laaste koevert
Die laaste koevert Die eerste ding wat Lien Meiring van Rooidam geleer het, was dat ’n mens in ’n klein dorp nie as nuut aankom nie. Jy word opgemerk. Die vrou agter die toonbank van die kafee het opgehou om ’n brood in ’n bruinpapiersak te druk toe Lien instap. “O, jy is seker die […]