Sy voel…
Sy strompel deur haar trane
Weet niemand hoe sy voel?
Sy drink uit die verlede:
Liefde, asem,overspoel.
Sy struikel oor sy woorde.
Weet hy nie wat hy vra?
Sy wonder oor die toekoms;
Kil, stil, vreemd en kaal.
Sy storm in die donker.
Bly die nag vir altyd koud?
Sy sing haar eie melodie.
Eensaam, alleen, benoud.
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Koekekranka
'n Sielvolle retrospeksie oor 'n diepe teleurstelling gevoelvol oorgedra...