Jongste aktiwiteit:

Die Kolskoot

Die KOLSKOOT

En toe skiet ek hom ‘n gat midde-in sy hart, ‘n gelukstreffer. ‘n Volsoen op sy lippe – voor al die mense.

Hy wat my die hele tyd ontwyk het.

Soos toe hy skugter soos ‘n trapsuutjies om my gesluip het sonder om my te beroer.

Maar dit moes hy doen, want ek het hom werklik seergemaak toe ek hom met ‘n vernederende blik en ‘n bitsige „Voertsek!” aangesnou het.

Kon ek weet dat hy die hele tyd wel slegs op ‘n welwillende woord of gebaar van my kant gewag het?

Asof hy nie self moes gely het toe die inhoud van sy glas rooiwyn half in my gesig en half in my halsuitsnit gespat en aan my pens afgeloop het nie.

Dis seker dat die meisie, wat „onversiens” teen sy hand gestamp het, gemerk het uit watter rigting die nuwe wind waai. Uit mýne.

Hierdie, hierdie Martheléne. Hierdie modepop, met haar hoogstiliseerte haarkapsel en modenaam! Dis mos sy wat voortdurend versoek het om ‘n keil tussen my en Peet te dryf, deur bemerkings oor my selfgemaakte rok en die feit dat my skoen vol modder is, waarby sy my self met die heup van die lapa se klipvloer, waarop ons gebraai het, in die blombedding gestamp het. Gelukkig nie die roosbeet nie.

Toe al het ek geweet dat sy haar verlowing met Peet afgebreek het. Sý nie hy nie.
Voor Peet se uitnodiging Dinsdag het ek dit nie geweet nie, toe ek en hy vir die eerste keer op die parkbank langs die grasperk voor die biblioteek naasmekaar sit, nadat hy my kom optel het waar ek soos ‘n edele dame uit ‘n Engelse of Franse roman uit die neëntiende eeu flou neergeval het. Ja, stel jou voor, flougeval soos ‘n Miesies Thornthwaite of ‘n Madame la Blochflaute!

Eintlik, en dis mos die kern van die storie, het ek al lankal vir hom geval, met sy skitterende blou oë wat soms so skelmpies onder sy donker wenkbroue kan deurloer! Daar’s so ‘n spel met die spiere langs sy kaak. Ek vang aan te sidder, en dis asof ‘n elektriese stroom oor my hele lyf trek soos ‘n fyn net uit suiwerste sy. Eerlikwaar, ek het, soos hulle sê, vir hom geval; geval soos een van die kiaatbome vroeër by ons in Knysna se bos. Badoems! Ook neëntiende eeu.

Maar wat kon ek, eerstejaartjie, doen om in die nabyheid te kom van so ‘n man. Werklik ‘n mán, wat al op die finale eksamens vir chirurgie voorberei. Hulle kyk ons nie aan nie, hulle sien ons nie eers raak nie. Ofskoon ek meen hy het in my rigting gekyk toe ek geleentlik aan sy groep op die campus verbystap. Of hy aan my groepie verby. Ek wéét dit.

Sedert daai dag toe Mammie en Pappie my varsity toe gebring het vir die inskrywing en die motiveringspalaver en sulke goeters, sedert daardie Woensdag die sestiende, toe ek hom die eerste keer in ‘n gang êrens in die kliplabirint gesien het – en hy vir my – toe ons vlugtig in mekaar se oë gekyk het, weet ek: Dis hy! En ek weet, hý weet: Dis sy!

Dis hy wat bewerk het dat spiere saamtrek waar ek nie geweet het dat ek spiere het nie. Dis hy wat veroorsaak het dat my mond uitdroog en my knieë waterig word en my brein versteen en my vingers beef soos Juffrou van der Linde s’n toe Annamarie haar ‘n lewende muis in die glaskas met die diereversammling gegooi het.

Dis mos die ding. Ons, nou goed dan ek, het nie mans geken nie, ook nie seuns nie. In die kosskool dryf nie soveel daarvan op die oppervlakte omheen nie. Ja seker: Daar was broers en pa’s, en sommige meisies het na die vakansie wonderlike stories kom vertel.

Maar op ‘n dag het ek gemerk dat hulle dieselfde verbode leesstof het wat ek ook lees.

Die enigste manlike lid van die personeel was „Professór” (altyd vol en duidelik uitgespreek) von Gerstefelde, die oudste lewende bewys dat in die baroktyd die aarde deur dinosauriërs bevolk was. Nee, so mag ek nie praat nie. Maar hy hét in die oorlog gedien, eerste of tweede weet ek nie. Anglo-Boere-Oorlog meen ek. Aai, sies vir my! ‘n Opregte, goeie man, ‘n pedagoog uit die boonste rakke. Hy het my die liefde vir tale en musiek, literatuur en vioolspeel gegee; waar ons vandaankom, hoekom ons is soos ons is, wat nog uit ons kan word. Hy het rigting in my lewe gebring toe ek nie geweet het wat om met my lewe aan te vang nie. ‘n Man wat alle respek verdien, ‘n man wat ek vereer, altyd sal vereer. Maar nie ‘n man om in verlief te raak nie.

Hy’s dog my peetoom en was by my geboort aanwesig in stormagtige see voor Kaap Hoorn op ‘n vragskip, ‘n Noorweegse, die Amundsen, onderweg na Kaapstad van San Fransisko, waar hulle nie geweet het watse nasionaliteit ek moet kry nie. Sien, Pappie en Mammie het in Reno getrou, waar hulle toevallig gedurende hulle onderskeie wêreldreise tegelykertyd ingeboek het. Ofskoon hulle jare lank so te sê bure in Knysna gewees is, het hulle mekaar nie eers geken nie.

Hy was ‘n politiese vlugteling uit die Duitse Demokratiese Republiek, en sy het met haar ouers heeltemal wettiglik uit Pole geïmmigreer.

En so het ek Peet gekry. En hy my.

Of beter, ons mekaar.

(Toom)

©16e.Februarie2017…………………………………………..(Aug’12)tje.

[1.eijtlaatsroovetsretga

[Stories uit (Suid-)Afrika / die liefde]




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed