die see roep
elke druppel elke traan
elke stroom elke spruit
kronkel slinger riviere
vrolik lag die stroompies
kabbel en singend
van ver al gefluister
hoe nader die branders
hoe sterker die stroom
vinnig vloei die water
hoe luider dit dreun
hoe luider gedruis
hoe nader gedreun
groter en groter die vreugde
lag en lag
singend die strome
kronkel en vloei
hoe nader die branders
hoe harder gedreun
hoe luider gedruis
roep die groot waters
die diep oseaan se stem
nader die diep en blou
die wye seë
nader die droom
hoe nader die see
fluit die wind
nader die golwe
mistig die waters
magtig die oseaan
sterker van moed
suiwer in hoop
dapper ons liefde
rippels in die spieël
blare wat dryf
soeter as sonskyn
uit die hemel val daar water
verfrissend koud en skoon
lafenis verkwik en troos
reën in oorvloed genade
goeie nuus blye tydinge
luister na die lied van liedere
sing juigend psalme
verkondig wyd loof en prys
hooglied lied lied van liedere
hofmaak se minnesang
oral feestes vreugdes vure
riviere van dae se drome
vier lewe en liefde
sy is bekoorlik sy is lieflik
sy is skoon sy is fris en vars
sy gee nuwe krag
haar gesig is verskuil
sy is edel sy is rein
haar naam is ‘n raaisel
betowerend verruklik
‘n verborgenheid
‘n geheimenis
die seë roep water
elke reëndruppel
elke doudruppel
elke wolk en wasem
sneeu en hael en ys
uit die lug van die hemele
elke rivier elke dam
elke poel elke meer
elke drif elke waterval
waterspatsels van ‘n kraan
swaar met water
donker is die wolke
onheil stilte oorweldig
druis die reën vlae na vlae
woedend die watervloed
huilend onbeheersd
kerm en kla
ween die wind
luister na die donder veraf gerammel
waarsku met grom en gebrom
hoor die gesing van sang van storms
mal waai die wind smekend
rollend kom die gerommel
hoor die lied van storms wat brul
van wind se verskriklik geween
wilder die wind woedend die storm
woester die wolwe magtig die donder
geskree en weerligstrale klap
donderweer rol en rammel
donder en weerlig oor die see
woedend maller woester die storm
magtig die diepe gedonder
helder die flitse blitser die blitse
gietend stort die water
groter die blydskap groter die vreugde
kabbel ons deuntjie vroliker en vroliker
musiek is die kappel en klotsing
sterker en vol van moed
vreesloos en sterker ons geloof
onkeerbaar die nuwe lewe
onstuitbaar die droom
rein in hoop suiwer ons harte
soeter die dag soeter die droom
nader die dag en vlakby die see
geritsel deur die riete kalmte en rus
blou en wit gefluister en gesug
amper digby
roep die oseaan
sout is die water
nader die branders
spoel suis en murmul
naby die rivier monding
hoe vinniger vloei die water
sterker die wind en die sout
oop en vry is die hemel
geriffeld silwer blinkend die nat sand
duine wind en son wat brand
naby ruik dit al meer sout
naby die sand naby die see
skoon en helder die water
spieël die volmaakte dagbreek
wit skuim borrel en dryf
koue water was en spoel en was
~
Gonubie o’ wondersoete droom!
~ ~ ¤ ~ ~
Vir die Browns van Oos-Londen
2 Kommentare
-

Koos Elsum
Die gedig is verbasend ek het die hele stroom gelees van reën tot die see se spoel, dankie Kommetaar sal net wees as die ontwikkeling vd tema of konsep bereik is dan moet die herhaling versigtig behandel word. Ek sou voorstel dat jy groter impak sal kry as jy sny / verkort. Net my siening skryf meer
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Toom
Dit rol streek-streek lekker oor die tong. menige drywende ritme stoot dit vooraan! Ek ondervind 'n groot potensiaal in jou styl. Maar wie is ek? Gaan dien dit by ,Opleiding' hierbo in. Of lees noukeurig wat op die tuisblad staan. Baie mooi. Dankie. GvT