Jongste aktiwiteit:

Tyd gemeet teen ewigheid

een sekonde gemeet teen die tik van tyd
een klik van die metronoom van ewigheid
een enkele noot in jou lewens simfonie
een korrel sand deur die uurglas se vloei
dit was al…
toe jy op die teerpad val
het die seepbel van jou lag gebreek
splinters in jou vasgesteek
jy sal nooit weer jy kan wees
nie in liggaam nie in gees
soos water het jy deur die uurglas gegly
in jou plek het ‘n vreemdeling kom bly
my vasgevang
in tyd se bang




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed