Jongste aktiwiteit:

Intieme evangelie

waar ons liefde [’n] naelstring groei
fetus ek getralie in jou ribbes
lê ek vasgegroei in jou hemel
geanker in jou siel

hoor jy die knetter in my vuur
sien jy die bosbrand in my woed
daar waar my asem in karmosyn
oor my lippe gloed

smeulend kool die liefdesvuur
in hierdie een-word-uur
as winterys tot smelt kom
proe ek ‘n nuwe seisoen

dankbedes smeul tot as
in griffelwoorde
op sagte papierbas
om by ons evangelie in te pas.

© Anzé Bezuidenhout




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed