Jongste aktiwiteit:

Jy is my wêreld

Dis die stilte
wat jy saamdra
wat jou vir die wêreld
vaag en onpeilbaar maak.

Maar in die stille vertel
spreek jou dade vanself
van liefde wat tóg onfeilbaar is.

En miskien
vir die wêreld
is jy net nog ń man –
maar in myne die held
wat die melkweg saans
minsaam oor my wêreld kom span.




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Nix het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Coenraad Lid se profiel foto het verander