Vroegoggend
Klokslag elke oggend 4 uur
ontwaak uit ‘n diepe slaap
soekend na varslug
reik uit my bed na vore
stadig maar seker
vind my voet die balkon
waar ‘n vars briesie wind
die klank van die see
met branders wat opslaan
teen rots en sand breek
maak gedagtes plek
vir God se grootheid
saggies hier en daar
hoor jy ‘n voertuig in die verte
die getjirp van voëltjies
wat wakker word aan
die oggendstond, weet ek
ek en God verbind
in samesyn in vroeë
oggend ure vir ‘n oomblik
in gebed vir nog ‘n dag
dankbaar open my oë
strompel terug na bed
vir nog’n uur of twee se slaap
genade kom in vars lug
met ‘n glas water gevul
my Gods drankie voorsien
vroegoggend my beste
uitreik na my Skepper
vervul is my liggaam
Louisa van Vliet
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.