Jongste aktiwiteit:

Wiskunde Klas

Wiskunde Klas

 

Ek sit in my gedagtes vas

Dagdroom in die wiskunde klas

Mense dwaal binne ʼn verbode woud

Tyd loop en die wêreld word koud

Eendag vat jy ʼn kans te veel

En binnekort word jy beoordeel

Ek voel my vriende is besig om te verdwyn

Hul omgee vir ander begin wegkwyn

Agter in die klas sit my vriende en kla

Hulle glo dat als in hul lewens pla

Die wêreld was mooi en toe begin hulle dit besoedel

Nou’s hulle besig om in die verkeerde plekke rond te vroetel

Mense dwaal binne ʼn verbode woud

Tyd loop en die wêreld word koud

Ek sit binne my gedagtes vas

Met trane staar ek na my vriende in wiskunde klas

 

© Larissa Beukes

 




2 Kommentare

  • Inkmoderator

    Liewe Larissa, wat 'n aangename vars wyse om jou vers te ervaar nie. Ek kan nie dink dat ek al ooit gekrit het op 'n oudio plasing nie en dit was sommer heerlik anders en lekker. Jou vers praat dieper as wat ek aanneem jou ouderdom is. Ek neem aan die genre waarin jy skryf weerspieël jou ouderdom of die 'verwysing' na 'n jonger skrywer. Ek dink jou gedig is werklik treffend. Ek sou graag 'n geskrewe weergawe wou sien om beter te krit, maar dit waarna ek geluister het dui op goeie ontwikkelbare talent. Ek hou veral van die tydsmeting in jou vers wat ritmies mooi begin, middel en sluiting verteenwoordig. Baie dankie vir jou vertroue dat ons kan omgaan met jou werk. Skryfgroete IM

    • Larissa Beukes

      Vreeslik baie dankie vir u kommentaar. Ek's 15 jaar oud en dit was my eerste gedig wat ek al geplaas het. Dit was bietjie vreesaanjaend, ek skryf maar van wat ek weet en ervaar. Duisende dankies!

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed