Die storm
DIE STORM
Dis toe hy haar nader trek
Wat elke traan sy hemp vlek
Met haar kop wat teen sy skouer rus
Word die vlam binne haar gou geblus
Die woede binne haar word nou kalm
Haar hand rus nou in sy palm
Die weerlig het oorgeslaan na reënweer
Stadig soos die tyd verloop verdwyn haar seer
Die storm is nou verby
By hom is waar sy bly
©Larissa Beukes
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Januarie 2018 - Weerbegin en voornemens projek