Roulette van liefde
In die palm van my hand
gebind in ‘n doodskleed
lê skamele oorblyfsels,
van liefde en leed
deurdrenk met traan en bloed
verslyt die gebroke belofte
regdeur my laaste moed
drup dit soos lood,
‘n grafsteen
vir ‘n hart se dood
gestort oor klipbanke
deur dorre aarde gesypel
die bloedbevlekte twyfel
van ‘n verhaal so ydel
troebel bloedwaters
broos, sied en teer
lê ek my hart
in ‘n vlak graf neer.
© Carla Visser
14.02.2018
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.