Jongste aktiwiteit:

Maart 2018 Projek – Digkuns

In 1999 verklaar UNESCO die 21ste Maart as Internasionale Digkunsdag. In hul oorspronklike verklaring merk hulle dat dit ‘n “vars erkenning en ‘n besonderse impetus sal gee aan nasionale, distriks- en internasionale digkuns.”

Dit is dus ‘n besonderse voorreg en selfs meer ‘n belangrike plig op die skouers van elke digter om in sy eie taal en wyse ‘n bydrae te maak tot die digterskat.

ONTHOU ASB. SLEGS 3 INSKRYWING VIR ELKE AFDELING PER LID

Digters:
Hierdie maand, in erkenning aan die Internasionale Digkunsdag is jou opdrag om ‘n treffer gedig, uit jou hart en jou taal te skryf. Daar is GEEN voorskrifte nie, want, soos die viering van hierdie dag aandui moet dit erkenning gee aan jou eie stem

Skrywers:
Skryf ‘n fiktiewe verhaal oor die invloed van digkuns op die kunste. Jou verhaal kan enige tema beslaan maar moet verwysings maak tot die besondersheid van digkuns, op welke manier ookal..

Rubriekskrywers:
Doen bietjie navorsing en skryf ‘n rubriek oor enige digter. Dit hoef nie Suid-Afrikaanse digters te wees nie, al sou dit heerlik wees om ‘n rubriek te lees van Afrikaanse digters, sal jy nie gepenaliseer word indien dit buite die grense van Suid-Afrika val nie.

Laat die woord rol – Skryf in Afrikaans

Skryf in Afrikaans en bevry jouself.
Ink Projekbestuurder.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed