Jongste aktiwiteit:

Breek los kom los….

Soms draai die wiel
te stadig
vir diegene wie se bitter
ongeduldig toekyk

en die gisters so ongenooid
toeskouer speel hier langs
die pad van jou lewe

jy kom tot ñ verruklike stilstand
want jou oordeel
lê vol sirkel in die groef
van elke hond kry sy dag

maar weet jy wat
die duiwels sit en toekyk en lag
jou toeskouers
kwansuis

jou vriende voor jou aangesig
maar agter jou rug
ñ vyand wat jou lot bepaal
deur die false getuienis
wat hul uitlewer

die gat wat jy grawe
is jou eie graf
die toonbeeld van jou uiterstes
weerspieël jou binnestes

kom los
breek los
want die prys
van verwyt en bitterheid
staan oophand

die kruis en die koms
van jou hoekoms
en jou toekoms
is veilig in die arms
van jou Almagtige Verlosser.

© 2018 C.Holder




Chantelle Holder is op 3 Oktober 1983 in Evander in die Mpumalanga distrik van Suid Afrika gebore. Sy is die tweede oudste van vier kinders. Sy matrikuleer in 2001 in Secunda en is steeds woonagtig in Secunda. Sy het begin skryf in 2004 om terapeutiese redes en het tot dusver baie bevryding en vertroosting ervaar deur woorde. Sedertdien spog sy met so 1300 gedigte en beoog om heelwat publikasies uit te bring in die komende jare. Chantelle skryf steeds, en hoop om ander deur haar woorde, met inspirasie te vul. Sewe (7) gedigte van haar is al gepubliseer deur die Christian Poetry Association, naamlik: The Greatest Gift - "Thank You Father" River of Life - "Vlieg saam my" Watched by an Angel - "Hooggety" Eternal Voice - "Alleenlik deur U" Shalom - "Dit begin by jou" Journey of Faith - "Geseënde ween" Oasis of Life - "My Kind" Asook ñ enkele gedig in ñ GR. 8 Werkboek: Metamorfose Fase 1 Afrikaans (EAT) Werkboek Gr.8 - "Straatkindertjies" Debuut bundel - Somerreën - ñ Ewige September (Oktober 2015) Haar volgende bundel sal in 2016 gepubliseer word, getiteld Somerreën …. Deur die genade van Bo….

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed