Jongste aktiwiteit:

Junie 2018 – Poëtiese orde projek

Ek merk met baie van die inskrywings neig die kommentaar altyd na die estetiese aanbiedings, wat natuurlik spelling, die gebruik van leestekens, ritme en metrum insluit, en verder, die verkeerde gebruik van hoofletters en die basiese reëls wat met poësie gepaard gaan.
Uit van Wijk se boek (sien verwysing hiernaas) leer ek: “om te dig is ‘n literêre kunsvorm wat van estetiese en ritmiese eienskappe of vermoëns van ‘n taal gebruik maak…”

[N. van Wijk (1936 [1912]), Franck’s Etymologisch woordenboek der Nederlandsche taal, Etymologiebank.nl, http://www.etymologiebank.nl/trefwoord/gedic]

Hierdie maand is die opdrag om aan hierdie onderskeie aspekte van poësie en prosa aandag te gee.

VIR DIE DIGTERS:

Skryf ‘n gedig (nie langer as 15 lyne nie) en implimenteer die estetiese beginsels van leestekens, tipografie en basiese goeie reëls. Die onderwerp van jou gedig is nie voorgeskryf nie, maar jy gaan BAIE streng gemerk word op die bostaande.

VIR DIE SKRYWERS:
Skryf ‘n storie of artikel oor enige onderwerp maar pas die reëls soos hierbo vervat streng toe.

Skryf in Afrikaans – ‘is mos lekker’
Projekbestuurder




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed