Blomme en bloed – Opdrag 3
Opdrag 3 – Inspirasie uit ‘n boek
Blomme en bloed
blomme in die voortuin platgetrap
uitgeskop met stewels alle respek
die hond het geblaf, getjank
nou stil met ‘n panga in sy kop
plaasmense in ‘n bondel
van vlegsels, vloeke en trane
gebind met koue koperdrade
verbrand met kokende water
geslaan, geskop, gesteek en stukkend gesny;
maar die eggos van haar gille
terwyl verkragters beurte neem,
haar skril geskree en hul gelag
soos elke skoot haar skoot deurboor
tot verwoes, vermink en dood,
haar moederbloed terug suig in moederaarde;
weerklink in die dowe ore van politici en polisie
net soos haar doodstil asem
en ‘n wêreld wat in stilte,
die gruweldade sien
maar die waarheid nie wil hoor nie
© Grootvissie
Julie 2018
Voetnota: “bondel alle blomme en alle bloed” Erkenning aan: Antjie Krog; gedig “Oorsprong “ uit die bundel “Januarie-suite”
4 Kommentare
-

Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie
-

Viooltjie
Goeie werk oor 'n baie pynlike situasie
-

Elroux
Die aaklige waarheid goed vertolk
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Sjoe, hierdie gedig laat mens koud. Goed gepen Vissie.