een dag ewig
waar mooi en goed in ‘n fees
son, maan en sterre onthaal
vlees en bloed nie meer wees
daar waar Lig uit alles straal
waar siele mekaar weer vind
mekaar in blye vreugde groet
saam loof en prys aan Sy voet
niemand hulle meer kan bind
dit is waar ek graag wil wees
een-dag met Hom in paradys
naam in boek van lewe te lees
©Teárlach
4 Kommentare
-
-

Callie Vermeulen
Pragtig - soos altyd - Charles.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2018 projek