Jongste aktiwiteit:

Lui-lui telefoon, telefoon lui-lui

Die enigste oplossing vir tydverkwisting waar dit staatsdepartemente aangaan is seker om die plek so ver moontlik te vermy. In elk geval, dit werk vir my. So op ʼn manier. Mens kan min of meer enige organisasie vermy tot die dag wat daardie een die enigste is wat jou probleem kan oplos, soos Telkom.

Liewe genade! Dit het NET twee maande geneem voordat daar aandag aan ons klagte gegee was! Dit was moontlik om e-posse te ontvang, maar ek kon nie daarop kon antwoord nie. Desember kon dit nog op ʼn manier verdra word want dan is besigheid stillerig, maar Januarie wanneer almal vuur en vlam aan die werk is, moet mens nie die kliënte laat dink jy soek nie hul besigheid nie! En in die era van elektroniese kommunikasie waar 99% van al my kommunikasie d.m.v. e-pos gedoen word, was dit byna dieselfde as om te kyk hoe my hoofslagaar met ʼn stomp mes afgesaag word. Ek bedoel, wat ʼn frustrasie om belangrike inligting by iemand te bekom, maar hulle kon netsowel op Pluto gewoon het!

Miskien was ons doelbewus gemuilband, en dalkies was die die heelal se manier om my geduld te toets. Nie snaaks nie, hoor.

Ek het gekla, gesmeek, kwaad geword en toe nog gekla. Sommer baie keer. Die fout moes oor en oor aangemeld word omdat ons elke keer gehoor het dat die probleem opgelos is, net om uit te vind dat daar absoluut niks gebeur het nie. En terwyl ek eendag sit en die verskillende afdelings van Outlook van hul e-pos vrag verlig, tel ek meer as vyftig boodskappe wat ek aan myself, tussen my verskillende adresse gestuur het. Net om te toets of dit dalkies afgelewer word natuurlik, maar ek wag steeds vir die aflewering daarvan.

Wanneer ek die klagte opgevolg het, het hulle adres getoets deur ʼn e-pos te stuur vanaf ʼn adres wat alreeds jare tevore gekanselleer was. Bid jou aan. Hier ontvang ons ʼn e-pos van ʼn adres wat nie meer bestaan nie. Dit word ook gerapporteer. Na die tweede poging kry ons ʼn werknemer wat verstaan wat ek sê en wat dit ook suksesvol regkry om daardie adres vir goed uit my lewe te laat verdwyn. Moes dit nou werklik vyf of ses jaar neem om daardie ou probleempie op te los? Ek het immers gedink ons woon in ʼn semi-beskaafde land.

Ewenwel, na die hoeveelste klagte oor dieselfde probleem, en my skroefies al rooi-warm aan die brand, vra ek dat Hubby asb. met die dametjie sal gesels. Hierdie keer het hulle ONS gebel, dus was hulle goetertjies ook seker al goed opgewen en te styf vasgedraai oor die kliënt wat net nie regkom nie. Uiteindelik moes ons hoor dat die probleem nie op hierdie rekenaar is nie. (Wat ʼn verrassing want Ano kry dit gereeld reg om die elektroniese toestelle waarop sy haar vingers laat rus, snakkend blou te laat word. Die skerm kry so ʼn mooi blou kleur en dan sak ʼn lelike stom stilte neer.)

Skynbaar het Telkom hul “server” verander en nooit daaraan gedink om hul gebruikers in te lig nie. En ek wonder hoeveel oproepe en klagtes van dieselfde aard het hulle ontvang, dié dat die geduldige dame uit Pretoria spesiaal geskakel het om ons so mooi en stap-vir-stap te help.

Skoonseun vertel dat ons in ʼn land woon waar alles nog goed werk en waar ons nog relatief veilig is – gemeet aan die res van Afrika se standaarde natuurlik. Skynbaar gaan dit so beroerd verder Noord dat jy dankbaar is om terug te kom na ʼn plek waar daar meeste ure elektrisiteit en lopende water is. Ook terug na ʼn plek waar die rioolpype onder die grond is en uitskot nie in vore langs die pad verbydryf nie. Die reuk, oh die reuk… Mag die avontuurlus my asseblief net nooit so ernstig beetpak dat ek die res van die vasteland wil besoek nie.

Altyd iets om voor dankbaar te wees, lyk dit my. Maar dit is ook so dat wanneer mens eers moet woon en werk waar dit rêrig moeilik gaan, dan lyk hierdie land en sy al groter wordende afwesige dienste soos ʼn prentjieboek paradys. Mens waardeer eers iets as jy daarsonder moet klaarkom.




Hier's ek weer, Hier's ek weer, Met my storie voor jou deur....

3 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak