Jongste aktiwiteit:

Springbokwater

Dis hier
hier waar die stilte
verewig duur
hier waar jy
oor die vlaktes tuur
hier waar jy
diep kan teug
aan die soel lug
hier waar jy
kaal gestroop kan staan
van pretensie en eie waan
hier waar jy
jou siel kan vul
met meer as net vars lug
hier waar jy
oor die Namib-vlaktes kan staar
en soos die ure draal
besef hier is ‘n kuur
vir sovele onerkende letsels
wat jy vir te lank
saam moes sleep
en hier met die niks-heid
om jou heen
dit weg gevee word uur na uur
totdat jou siel
soos ‘n skoon doek
in jou binneste lê
en jou oë
die skone lyne
van Namib-vlaktes
en berge daarop vaslê
totdat die niks-heid
iets-heid word
‘n volmaakte beeld
van vrede,
waar woestynvlakte
en berge
mekaar ontmoet
trou beloof
aan vrede
jy kan aangaan
genees
deur perfekte
harmonie
van hierdie Namibland

©Marsofine Krynauw




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed