Jongste aktiwiteit:

Wintersgenade

(goud)

Wintersgenade

Op die sestiende dag
het ek my son heeldag lank vir jou laat skyn,
sodat jy weer onder bome kon sit
in jou klein paradys.
Jy kon na my hemel staar en jou aan blomme verkyk.
(My Bougainvilleas het nog nooit só pers gebloei nie.)
Ek het die voëls sonder ophou laat sing
en duiwe deur my bloutes gevleg.
Die noordweswind het ek in toom gehou
en ‘n wolkkasteel bo Simonsberg se krans gebou.

Want ek ken jou bakens,
ek weet waarheen jou oë altyd vlug.
Ek weet jy vrees die donker.
En heel jou menswees smag
na ’n ewigheid vol lig.

© Carma Shaw
16 Junie 2019
11:04




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak