Jongste aktiwiteit:

oorvol

soos die son suid skuif
word my duin al hoe warmer
weke gelede was dit onplesierig
nou word dit heerlike lente

elke nuwe dag van sonnige weer
bring meer en meer vakansiegangers
elke naweek is ons dorpie baie meer besig
daarmee saam kom die kriminele

vir my as vaste inwoner
is daar aanpassings om te maak
sodra die mense meer word styg pryse
word vakansiegangers uitgebuit

party gesels oor mooi dinge
ander met opgekropte emosies
spoeg dikwels ongure woorde uit
klink na unieke vakansie taal

waarom sou mense verander
juis wanneer hul op vakansie gaan
bedwelm met traak – my – nie – agtig
word sagte teikens vir diewe

©Teárlach




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed