agterdeur (Brons)
die skerfies ek en jy
waarmee ek ‘n nuwe
liefdesmosaïk wou bou
verwond ons, dwing my
weg van jou
laat my dan uit jou arms vlug
hou vir my net êrens
‘n agterdeur oop
sodat ‘n skrefie van jou lig
my pad vooruit kan loop
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Desember 2020 – OOP-projek