Jongste aktiwiteit:

Prentjiemooi

betowerend fluweel sagte satyn
flink sy haar kwassie heen en weer
in die natuur bewonder sy kleine katryn
in haar pink rokkie elke keer
kleine diertjies en goggatjies

op haar deursigtige bord pas dit netjies
speel haar gedagtes om lieflike prentjies
daar waar die blommetjies ragfyn vertoon
stil beleef sy elke geluidjie se musiektoon
neurie sy die liedjies in haar eie patroon

prentjiemooi sien sy daarna uit
loop haar liefde haar vooruit
terwyl die wolkies blou beweeg
het sy dit goed oorweeg
vir sing is sy baie lief
maar die kwassie bly aan haar klief

Kopiereg voorbehou
Louisa Van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed