Jongste aktiwiteit:

Passievolle liefde

dit was nooit kalwerliefde ooit
met passie het sy lief gehad
hul eerste soen emosievol
in die fleur van hul samesyn
net hul het bestaan vir mekaar
niks anders het saak gemaak

soos die sang van ‘n voël
klink dit in haar hart
wanneer hy haar vleiend nader
met sterre in sy oë wat skitter
prikkelend in sy aromaat
op ‘n maanlig somersaand

die erotiek van liefde tasbaar
lees jy die oëtaal van twee verliefdes
sterrereën prikkels warm
soos vlinders oral heen

intens beleef hul die elektriese stroom
diep spreek die gevoelens wedersyds
hartstogtelik passievol
intens bewus van mekaar

@Louisa van Vliet




Ek is n kind van God en is Jesus Christus my alles. Ek baie ingesteld op die waarheid en is heeltemal gekant teen leuens. Opregtheid en Eerlikheid is n passie by my. So wat ek in my gedigte en stories bring, is op die waarheid gebaseer. Alles wat my in die lewe geraak het, bring ek in my gedigte uit. Ek is n Afrikaner en murg en been. Wat jy sien, is wat jy kry. Spontaniteit en vriendelikheid is my lewe. As jy op my tone trap, gaan jy my beslis van hoor. Ek se n ding reguit en draai geen doekies om nie. My gehoorsaamheid word aan God die Eer gegee, want Hy is in beheer van my Lewe.

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed