Na liefdes(v)uur (Brons)
En toe …
veras jou vuurgloed
donsveerverwaai, duskant westerkim
draal-dwaal jy skrams, deur jou laaste ligspoorglim
skemerbroos in jou donkerverloor, nabetrag
troosvind jy my vuurvliegievlerke, roosblaarsag
soos my koesterhart vlerkomvou,
nestel my ligholtes jou
want mý vuurtjie bly brand, my hart gee sy lig
hier binne bly jy veilig, so warm vredig
Elizabeth B
Met apologie aan H.A Fagan
3 Kommentare
-

Wendy Leigh
So keurig pragtig geskryf❤️, baie dankie.
-

morne du preez
Mooi gepen en interessant genoeg was ek in 1993 in Hannes Visagie gewees.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die April 2022 En toe ... projek