Jongste aktiwiteit:

Straatjolyt

Straatjolyt

Onthou jy die jare van toe?

Kattekwaad en vrugte steel. Toe kinders nog tok-tokkie kon speel.

Bure bring en braai. Hier voor in die straat maak almal saam ‘n groot lawaai.

Musiek speel. Jonges dans. Oues tik op die maat van die musiek.

Voordeur staan oop.

Kinders stoot mekaar op die kruiwa rond.

Honde meet hul krag deur die heiningdraad.

Melk staan soggens vroeg voor die deur.

Jy moes hardloop voor Wagter jou koerant opskeur.

Vensterinkopies is nou taboe.

 

Boewe breek nie eens meer in nie.

Vandag klop hul beleefd voor aan die deur en neem wat aan jou behoort.

Die tyd van straatjolyt is ons nou kwyt. Tog bly die foto’s hang, en die herinneringe stem saam oor die goeie ou dae.

© Ryno du Plessis




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed