Kurwespieel
Kurwespieël
Geluidloos in die gebuigde spieël
van lewenshysbak se opstygrit
wat voel soos hel na hemelvaart
sien ek die duisend gesigte van my
Almal nabyver tog tasbaar by
staan ek, gryshaarstil my
eie gestalte vlietend te betrag
met elke vloer se verby liggieflits
Die weerkaatsings weerspieël
die jarebuig soos vlerke wat
oor my gister horisonne vlug en
om verlede kurwe kim wegkwyn
Tot alles stop waar hysbakdeur
oopgly in buislig se helderskyn
ek sien oor my oumanskouer hoe
die ek uit die kurwespieël verdwyn
© Grootvissie
Oktober 2017
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.