Niks. Absoluut niks.
(Brons)
So, ek dog ek het ‘n briljante storie om te deel. Alhoewel dit nie juis oor my was nie. Maar as jy soos ek is…hoor jy goed. Jy sien goed.
Dis wat Klara altyd dink. Sy het ‘n briljante storie beet. Een waarvoor haar vriendin sal lag.
Gewoonlik doen sy nie.
Gewoonlik sê sy “Dis niks. Laat ek jou nou eers vertel – absoluut niks.”
Vandag was anders.
En Klara het dit geweet.
Want vandag het die storie aan al die vereistes voldoen.
Dit was waar…soortvan.
Dit was snaaks…ook soortvan.
Dit het niks met haar te doen gehad nie. Nie soortvan nie. Sy was nie naastenby betrokke nie.
Dit was een van die goed wat mense soos sy sien. Mense wat heeltyd luister en kyk.
Hulle is meer geïnteresseerd in ander se lewens as hul eie.
Hierdie storie was…wel, dit was ‘n Klara-storie…om die minste te sê.
“Klara, nee,” sê haar vriendin. “Nee. Ek gaan nie luister nie, want dis waarskynlik niks. Ek weet hoe Klara-stories gaan.”
“Luister tog net gou vir my. Die klok lui oor…” Klara loer gou op haar selfoon. “Vyf minute. Dan het ons wiskunde. En dan gaan jy sien wat ek bedoel. Voordat ek dit kan vertel.”
“Klara, nee. Laas keer…”
“Laas keer was dit wat ek geobserveer het reg.”
“Ek is bly jy dink so. Waaroor gaan dit nou?”
“Dit gaan,” Klara kyk om haar, “Dit gaan oor…wag ‘n oomblik. Waaroor het dit gegaan?”
“Klara-a-a-a-a-a…Ek moes nog my wiskunde huiswerk klaargemaak het voor die klok lui.”
“Wiskunde! Ja, wiskunde. Dit gaan oor ‘n sekere persoon se wiskunde punte…”
Haar vriendin sug, “Klara, luister vir my. Dis niks! Laat ek jou eerder iets vertel…”
“Ja, jy’s reg! Dit is niks. Soos nul. Soos…” Klara vorm ‘n sirkel met haar vingers.
“As jy vir my kan sê wie dit is, glo ek jou. Dalk. Miskien. Heel waarskynlik nie,” sê haar vriendin.
“Ja, dis die probleem. Ek weet nie wie nie. Iemand. Dis iemand.”
Aan die ander kant van die veld was nog ‘n gesprek aan die gang.
Twee seuns was besig om te praat. Of dalk is redeneer meer spesifiek…
“Nee, nee, nee. Jy sien, dis sekerlik niks.” Ruan staan en kyk na Tiaan.
“Dit is nie niks nie. Ek sê jou, jy kan my vertrou. Dis die waarheid.”
“Reg, as jy so sê. Kom, vertel,” sê Ruan, maar eintlik wil hy dit net oor en verby kry. Tiaan se stories is nooit interessant nie en hy moet veg om wakker te bly…amper soos in wiskunde. Net tien keer erger. “So, blykbaar…” Tiaan kyk rond en begin fluister. “Blykbaar gaan ons nie Vrydag skool hê nie. Weens ‘onvoorsiene omstandighede.’”
“Wat?” Ruan praat hard. Te hard.
“Saggies! Ek weet nie of dit waar is nie. Dis nog niks…”
Die skoolklok lui en almal begin klas toe beweeg.
En die vier leerders was almal reg. Dit is nog niks. Nóg niks, maar wag totdat hulle mekaar op die trappe raakloop.
Want nie een van hulle stories was waar nie.
Dit het soos ‘n veldbrand versprei.
En vir al wat Klara weet, is die “sekere persoon” se wiskunde punte eintlik Ruan s’n.
En vir al wat Tiaan weet, is daar Vrydag skool. Hy het net iewers gehoor dat Klara nie gaan opdaag nie…
So ja. Dit is nóg niks.
Soos wat hulle nou klas toe loop, gaan die piesangs vlieg as hulle in mekaar vasloop.
Op hierdie oomblik is dit nóg niks, maar niemand weet wat gebeur nou op die stoep nie. Dalk is dit die begin van ‘n sterk vriendskap, gesmee in chaos…
Daar is nog niks, laat ek jou dit vertel…
Maar oor ‘n week, of ‘n maand, lyk dinge dalk anders. Lyk dinge dalk soos iets, eerder as niks.
Ons los die vier leerders vir nou daar. Dalk as ons later kom inloer, het hulle iets om te vertel.
Iets wat nie niks is nie.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou inskrywing vir die Julie 2026 – DIS NOG NIKS, LAAT EK JOU VERTEL PROJEK