In my huis se gange
In my huis se gange
Ek stap en kyk na al die mooi en weelde. Ornamente en skilderye.
Gesigte hang en kyk na my. Ek wens ek kon hulle vermy.
Was dit toe dalk ‘n mode, of dalk ‘n gier wat almal toe moes hê?
Beelde staan, groot en klein. Kyk na my asof hulle wil sê:
Ek was eerste hier.
Asof hulle my werklik ken.
Sou hulle kon praat, het elkeen sy verhaal, maar die woorde stop daar, bepaal by die vertrek waar hulle staan of hang.
Vir een of ander red glo hulle vas: hulle ken die hele huis en sy verhaal.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.