My nommer een
Swaar tye het ons al oorheers,
en ons het daar deurgekom
ons het mekaar gedra,
sonder enige onnodige vrae,
ons liefde is te veel om op te som.
Ek sien jou liefde raak elke dag,
al sê ek dit nie genoeg nie.
Ek is mal daaroor as ons saam lag,
ek weet daar sal wel moeilike tye ook wees,
want dit is maar liefde die.
Swaar tye het ons liefde kom oorheers,
maar kaalvoet stap ons die dubbeltjies deur.
Het ons albei ook weer iets uit die liefdes-les geleer,
ek erken vandag voor die Vader ek was verkeerd,
die seer wat jy oorgekom het,
beloof ek het ek nie uit my hart bedoel,
want maak nie saak waardeur ons alles gaan nie,
ek sal werklik altyd dieselfde oor jou voel,
ons moet deur alles kom, dit is ons liefde die.
©Kopiereg – Timothy De Vos Botha – Alle Regte Voorbehou.
21H31nm 2016/08/10
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
dis mos hoe liefde moet wees, jy het dit pragtig vasgepen