Blou-karretjie
Ek ry met ‘n blou-karretjie
in my verbeelding rond
tot by die son
wat my blou-karretjie smelt
oor ‘n wit leë canvass geboorte gee
te prikkel en teug
te soeke aan die meester stoel
miskien soos Hansie en Grietjie
krummels oor my gedagtes strooi
as ek maar net wéér klein kon wees
verbeeldingryk ….
met net ‘n blerrie blou-klein-karretjie.
©Morné du Preez
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.