Jongste aktiwiteit:

DIE OUJAAR 2023

DIE OUJAAR 2023

Dankie Vader die Oujaar “2023” is kla verby
die “verlede” se vure is vergoed geblus
en verlede jaar is nou feitlik uitgewis
hierdie was ‘n moeilike jaar gewees

Here U gee my weer nuwe hoop
U help my baie met nuwe geloof
my eie skoene was swaar in lood
wys my die pad waarheen ek moet loop

Nou kan ek weer bou op die Nuwejaar
ek hoop al my drome kom nou waar
ek sal maar in die toekoms staar
dit klink na ‘n mooi gebaar

Ek sien uit na die Nuwejaar
ek sal maar sien “wie weet waar”!
en wat hierdie toekoms vir my inhou
ek kan maar net op die Here vertrou
U hand styf vashou en aan u mantel vasklou

©Eleen van Deventer Vorster
31/12/2023




2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed