EK WENS RERIG DIT WAS ANDERS
Miskien het ek jou hart geweier,
oor ek jou nooit wou seermaak nie.
Maar voor ek kon sien het dit gebeur,
en ons altwee sit toe met die gebakte pere,
toe is altwee ons harte gebreek,
en ek kan nou nog voel hoe jy my in die rug kom steek.
Dit het rerig te goed geklink om waar te wees,
ek dink nogsteeds aan jou, jy’s by my in gees.
Maar ons altwee het besluit om aan te beweeg,
al was my lewe sonder jou vir maande baie baie leeg.
Ek wil nooit terug dink aan die verlede se seer,
maar voor ek my kan kry het dit gebeur,
dan dink ek daaraan, dan dink ek aan jou,
ek dink dan aan al ons goeie tye saam,
en aan hoe ek jou altyd kon vashou,
ja vir altyd sal jy my engel bly,
al is daar nou iemand anders wat lê, aan jou sy.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.